Onderwys - Regruk moet uitslae toon
Godfrey Kleinhans – My gedagtes het my nou die dag teruggevoer na ‘n gebied in die ||Kharasstreek waarin ek nogal baie belangstel.
Een van die tradisionele owerhede het ‘n paar jaar voor my uittrede ‘n klagskrif aan die direkteur van die streek gestuur waarin hulle bekommernisse uitgespreek oor die stand van sake by ‘n bepaalde skool in hul jurisdiksie. Hulle besware het onder meer gegaan oor:
• die verwaarlosing van moedertaalonderrig,
• die aanstelling van onder-gekwalifiseerde en onervare onderwysers,
• die hoë frekwensie van die verandering van onderwysers se verantwoordelikhede,
• beperkte onderrigpligte en klasbesoeke deur die skoolhoof,
• bevoordeling en viktimisering van sekere onderwysers,
• onvoldoende handboeke,
• swak finansiële bestuur en
• 'n gebrek aan dissipline.
Die opdrag om ‘n indringende ondersoek van stapel te stuur, het op my lessenaar beland. Hierdie tipe opdragte was so binne my kraal en ek het die direkteur van ‘n 20-bladsy verslag voorsien.
Ek moet noem dat die meeste van die besware, veral die wat met aanduiders van kwaliteit onderwys verband gehou het, nie sonder gronde was nie.
Die skool onder bespreking was landelik en geleë in ‘n behoeftige gemeenskap. Die meeste huishoudings het gesteun op kleinboerdery terwyl jonger lede van gesinne ook by ander ekonomiese aktiwiteite betrokke was. Die meeste graad 1- tot 10-leerlinge het vanuit huis skool bygewoon terwyl ander inwoners van die koshuis was.
Leerlingafwesigheid was ‘n groot probleem terwyl 43 leerlinge in 2003 die skool voortydig verlaat het. Vyf-en-veertig leerlinge was ouer as 17 en die skool het ‘n gemiddelde groei van 5,12% oor ‘n periode van vyf jaar getoon.
Die skool het 16 onderwysers gehad wat gesorg het vir ‘n heel skaflike onderwyser-leerling-ratio van 28,5. Al die onderwysers, behalwe twee, was professioneel gekwalifiseerd. Slegs een onderwyser was gekwalifiseerd om Khoikhoigowab te onderrig.
Ook die afwesigheidskoers van onderwysers was hoog. Die handboekvoorraad was bevredigend, maar die finansiële bestuur was geensins na wense nie.
In 2003 het 40 leerlinge die finale graad 10-eksamen geskryf, maar ten spyte van positiewe eienskappe soos ‘n lae onderwyser-leerling-ratio, voldoende onderrigruimte, gekwalifiseerde onderwysers en goeie handboekvoorsiening was die uitslae power. Slegs drie leerlinge het toelating tot graad 11 gekry. Die skool se uitslae was onder die swakste in die land.
Die toestand by hierdie skool was hoogs onbevredigend. My aanbeveling was dat daar indringend na die gebreke gekyk moes word en strategieë bedink moes word om die nodige regstellings aan te lê. Die skool het ‘n dringende, volhoubare regrukplan nodig gehad. Dit is nou vir my duidelik dat dit nooit gebeur het nie. Van die aanbevelings het dadels gekom.
As daar wel verbeterings was, was dit nie volhoubaar nie. In 2019 het slegs twee leerlinge van die skool die graad 10-eksamen geskryf en die uitslae was ‘n absolute ramp. Die graad 11-uitslae in 2020 was ‘n nog groter ramp. Ses leerlinge het die eksamen geskryf. Behalwe vir Engels en Afrikaans was die simbole vir ander vakke uiters power.
Indien regstellings wel by hierdie skool gemaak was, was dit nie goed deurdink, effektief en volhoubaar nie. Moet hierdie onderwysgemeenskap met so ‘n situasie tevrede wees terwyl die skool voortploeter?
Ek was nie weer op hierdie wyse by die skool betrokke nie, maar my hart bloei vir daardie kinders.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie