Onderwys – Só gebeur dié tragiek en trauma
Godfrey Kleinhans
Die onderwerp van kindermolestering is een vol tragiek en trauma.
Die week is oor die beweerde verkragting van ‘n 16-jarige dogter gerapporteer. Die saak dien in Swakopmund se landdroshof en dit word beweer die verkragter is deur twee vroue bygestaan om hierdie afskuwelike daad te pleeg.
Kinders en skoliere word steeds verkrag ten spyte van grondwetlike bepalings, ander wetgewing, internasionale konvensies en gedragskodes om die soort gedrag in die onderwyssektor hok te slaan.
Oortreders teiken seuns en dogters in enige skoolfase, van enige ouderdom en uit enige sosio-ekonomiese samelewingsgleuf. Navorsing toon die verkragting van dogters word meer gerapporteer en opgeteken as in die geval van seuns.
Die tyd het aangebreek dat ons meer van die slagoffers weet en dat die maskers van die oortreders se gesigte afgeruk word.
Wat is die werklike motief?
‘n Oudkollega van my is van mening dat die dryfveer nie wellus is nie, maar dat ‘n mens oorsake van die simptoom in die verhouding tussen beheer, fisieke krag en mag aan die een kant, en weerloosheid aan die ander kant, moet gaan soek.
Die fisies sterker onderwyser dwing hom/haar op die swakker, weerlose kind af. Verlede week is byvoorbeeld na navorsing in Zimbabwe verwys, waar jong beginneronderwysers dikwels oortreders is.
Sodra ‘n onderwyser ‘n aanstelling by ‘n skool kry, word hy/sy in ‘n bepaalde gesagsposisie geplaas.
Jennifer Hays het die interessante artikel “Who owns education? Schooling, learning and livelihood for the Nyae Nyae Ju/’hoansi “ geskryf. Volgens haar het die Ju|’hoansi nie ‘n spesifieke woord vir “onderwyser” nie.
Onderrig en leer deel dieselfde stamwoord, naamlik “nxaro”. ‘n Onderwyser is dus ‘n “nxarokxao”, wat as dit direk vertaal word die “eienaar van leer” is.
Hierdie reg (lees ook plig, of roeping) plaas die onderwyser in ‘n gesagsposisie teenoor die kind se posisie van onderdanigheid en mindere. Dit is juis hierdie gesagsposisie wat oortreders uitbuit.
Geslagsvoorkeur speel nie ‘n rol nie. Onlangse voorvalle waaroor die media berig het, sluit in ‘n koshuissuperintendent wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n graad 12-seun verkrag het en ‘n onderwyseres wat glo ‘n skooldogter tydens ‘n “romantiese tog” probeer ontvoer het.
Die beweerde verkragting van ‘n gestremde kind gee ‘n mens yskoue rillings.
Verder verkeer ‘n onderwyser in ‘n beter vermoënsposisie as baie kinders en hul ouers. Kinders word omgekoop met beter behuising en versorging. Hierdie versorging kan geld, beter klere en die gereelde aankoop van toiletware insluit. Beloftes van ekstra klasse en beter punte word ook gemaak.
Gebrekkige ouertoesig kan dit vir ‘n onderwysers makliker maak om hom/haar aan kinders op te dwing.
‘n Geval wat ‘n mens in tot in jou skoene ruk, is die een van die pa wat hom na bewering op sy dogter afgedwing het. Die ma het glo geweier dat sy ‘n aborsie ondergaan en die kind is gebore. ‘n Werklike hartseer storie met traumatiese gevolge.
‘n Mens kan net die Here dank dat ondewysers wat oortree ver in die minderheid is. Maar, ten spyte hiervan, is dit nie tyd dat owerhede baie strenger optree nie? Het die tyd nie aangebreek dat oortreders in ‘n openbare register gelys word nie?
Ek dink ook ons moet ‘n databasis begin opbou oor alle gevalle van seksuele teistering en misbruik van kinders. Natuurlik moet die kinders se identiteit weerhou word.
Al die gevalle hierbo genome, het nie in Namibië gebeur nie. Dit is ook nie altyd duidelik of regstappe gevolg en/of ‘n dissiplinêre verhoor plaasgevind het nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie