Onderwys u2013 Skep die nuwe toekoms nou
Onderwys u2013 Skep die nuwe toekoms nou

Onderwys – Skep die nuwe toekoms nou

Dani Booysen
Godfrey Kleinhans - Deur die eeue heen het die internasionale gemeenskap gewys dat dit uiters aanpasbaar is en vinnig op groot gesondheidskrisisse kan reageer.

Bewyse is opgeteken tydens pandemies wat sedert 12 VC voorgekom het, en der miljoene lewens geëis het.

Die pokke-epidemie wat tussen 1545 en 1548 in Mexiko uitgebreek het, het na beraming 80% van die land se inwonertal uitgewis. Die meer onlangse Spaanse griep van 1918 het wêreldwyd verwoesting gesaai. 'n Geskatte 500 miljoen mense het gesterf.

Die pokke-epidemie van die 20ste eeu was nie minder verwoestend nie. Tagtig persent van kinders wat hieraan blootgestel was, het gesterf. Genadiglik is 'n middel in die laat ­sewentigerjare ontwikkel wat dit onder beheer gebring het.

Nuwe virusse waarvoor daar geen kuur bestaan nie, laat 'n spoor van verwoesting en groot hartseer na.

Gelukkig het die wêreld altyd saamgestaan, die nodige bronne gevind en die regte medikasie ontwikkel om die gevolge die hoof te bied.

En hierdie samewerking het plaas­gevind te midde van groot interna­sionale twiste en oorloë.

Sekere wêreldleiers het binne hierdie konteks hul werklike krag vind. Winston Churchill het dus iets beet gehad met sy uitlating oor die waarde van krisisse.

Die internasionale gemeenskap worstel nou al etlike maande met 'n nuwe gesondheidsuitdaging: Covid-19. Die virus het al amper 'n halfmiljoen lewens geëis en daar word naarstiglik na 'n teenmiddel gesoek.

Die reaksie van leiers en aanpassings is indrukwekkend. Daar is 'n terugkeer na inryteaters, meer as pizza's word afgelewer, virtuele konserte word gehou, sportkompetisies vind plaas in leë stadions en gelowiges vind ander aanbiddingswyses.

Gemaskerde “wesens” bewandel die strate. Omhelsings as 'n manier van groet, is vir eers iets van die verlede.

Die behoeftes van die armes is nou die temas van vele gesprekke.

Die trefwydte van Covid-19 bepaal ons reaksies.

Ook in onderwys was indrukwekkende aanpassings nodig. Innovering en digitalisering is nou wagwoorde en metodiek en bestuurstelsel moet verander om by die “nuwe normaal” aan te pas.

Ons kan, danksy Covid-19, die gebrek aan ouerbetrokkenheid waaroor skoolhoofde en onderwyers al jare lank kla, iets van die verlede maak. Ons kan ook beleid en instellings wat ontwerp is rondom die belange van politici, gemeenskapsleiers en administrateurs bevraagteken en hervorm.

Persone met kennis van onderwysbeleid en -praktyk wat passievol oor verandering is, moet nou na vore kom. Hierdie mense is daar; hulle moet net gevind word.

Politici en administrateurs word nou gedwing om opnuut na die ongelyk­hede in ons samelewing te kyk. Godswater kan nie meer maar net oor godsakker loop nie. Covid-19 laat geen ruimte vir hierdie ongelykhede nie.

Goed toegeruste onderrig- en leerruimtes sal geskep moet word, met rekenaartoerusting.

Arm gemeen­skappe sal gehelp moet word. Die staat sal tuisonderrig beter moet reguleer.

Om veranderinge deur te voer, het ons dapper mense met die nodige passie en politieke wil nodig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!