Onderwys – Skole en kerke se eise vir heropening
Godfrey Kleinhans – Die regering het dit goed geag om die inperking van burgers in die land effens te verlig.
Al mag ons nie die land verlaat nie, kan ons nou oor streeksgrense beweeg. Aan die ander kant is die inperkingsperiode weens Covid-19 verleng en afstandsrëels bly van krag. Almal moet nou ook maskers in die openbaar dra en alle instellings moet besoekers se hande ontsmet.
Die vinnige optrede van die staat het die verspreiding van die virus suksesvol beperk en statistiek positief beïnvloed. Namibië se syfers, buiten vir die toetstempo, is van die beste in Afrika en vir hierdie prestasie verdien die regering applous.
Baie stemme gaan uit die wêrelde van besigheid, onderwys en godsdiens op dat beperkings vinniger opgehef moet word sodat die lewe weer kan normaliseer.
Die sakesektor sukkel en baie mense kan hul werk verloor. Talle het al hul werk verloor en kos is buite die bereik van vele geplaas.
Die kerk, tempel of moskee is samekomsplekke van gelowiges. Hier bid mense saam en word deur die samesyn versterk.
Geestelike leiers is bekommerd oor die spirituele lewens van hul lidmate terwyl kerke se inkomste geweldig gekrimp het. Bedienaars van die woord en ander persone in diens van gemeentes moet betaal word.
Onderwysers is bekommerd oor die onderrig- en leertyd wat verlore gaan en dat hulle nie aan die eise van leerplanne sal kan voldoen nie. Ouers vrees hul kinders sal die jaar nie slaag nie en dieselfde graad moet herhaal. Dit sal bykomende laste meebring.
Ons lewe in ‘n tyd van geweldige kommer en die einde van die tonnel is nog nie sigbaar nie.
Onderwysowerhede het wêreldwyd vinnig gereageer. Skole is gesluit en verskillende onderrigmodelle is tydens inperkingsperiodes ingestel.
Hier en in Suid-Afrika is op aanlyn- en afstandsonderrig besluit. ‘n Belangrike “andersheid” is dat van die onderwyser se pligte sodoende na ouers verskuif het.
In Arabiese lande het YouTube groot bygeval gevind terwyl baie klem op tuisonderrig geplaas word. Die publiek kan in sulke lande inspraak gee deur spesiale posbusse te benut.
Nuwe onderrigmetodes het gevolge van hul eie.
Behoeftige ouers beskik nie oor die nodige bronne (geld, tyd en skolastiese vermoë) om hul kinders tuis te ondersteun nie. Ouers moet nou naas hul werk en huishoudelike pligte ook die rol van onderwysers vervul. Hulle moet tyd vir hierdie bykomende verantwoordelikhede vind.
Die koop van koerante met skoolwerk in, ander toerusting vir aanlynonderrig en data bring addisionele finansiële laste mee. Die Universiteit van die Witwatersrand het byvoorbeeld skootrekeneaars gekoop vir studente wat dit nie kan bekostig nie.
‘n Netelige gesprekspunt is wanneer skole moet heropen. In Suid-Afrika is daar opposisiepartye en vakbonde wat hul voorberei om die regering hieroor hof toe te sleep.
Ook by ons is vertoë gerig dat skole voor 3 Augustus moet heropen. Die antwoord is nie voor die handliggend nie.
Ek is soos ander van mening dat die versoeke in die lig van groot ongelykhede doodgebore is. Proklamasies oor die noodtoestand het ‘n sambreeleffek en is op ieder en elk van toepassing.
Alvorens oor ‘n datum vir die heropening van skole gepraat word, moet ons weet wat ons gaan doen om te verseker geen kind sal benadeel word nie. Elke kind se reg op opvoeding is op die spel – en om dit te waarborg is nie net die regering se verantwoordelikheid nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie