Onderwys - Skoolbestuur en tydsbenutting
Godfrey Kleinhans - Alvorens ek by die beloofde onderwerp kom, wil ek opnuut opmerk dat dit vir my baie vreemd is dat 'n onderwyseres van die //Kharasstreek wat daarvan aangekla is dat sy na bewering ‘n verhouding met ‘n skooldogter gehad het, nie geskors is nie.
Die verweer, "innocent until proven guilty", is ook al baie kere gebruik om leerlinge wat hulle nie kan gedra nie uit die skool te verwyder.
Onlangs is ‘n leerling van Forest Hoërskool in Gauteng voor die skool of op die skoolperseel deur ‘n ander leerling doodgesteek. Borgtog is toegestaan, maar die voorsittende beampte het onder andere beveel dat die beskuldigde nie die perseel van die skool mag betree nie. Die hof het wel toegegee hy mag sy skoolloopbaan by ‘n ander skool in ‘n ander area voortsit.
Na my mening het die hof nie net die belang van die skool in ag geneem nie, maar ook die van die beskuldigde. Onskuld het geen rol in die besluit gespeel nie.
Maar terug na hierdie week se aflewering.
Tyd voorsien die ruimte waarbinne die bestuurshandeling plaasvind. Alhoewel tyd ‘n kritieke element van skoolbestuur is, gaan dit nie net oor die beskikbaarheid daarvan nie, maar oor hoe effektief dit gebruik word.
‘n Skool, as ‘n instansie van leer en onderrig, is ‘n uiters bedrywige plek. Die tyd wat aan leer en onderrig bestee moet word, word in die amptelike kurrikulumdokumente en ander omsendbriewe voorgeskryf. Die skool mag nie hiervan afwyk nie aangesien die leerplan voltooi moet word.
Die bestuur van die skool (insluitend die skoolraad) mag besluit hoeveel tyd toegewys word aan onder andere saalbyeenkomste, ekstra-kurrikulêre programme, vergaderings en skoolpouses. Verder is daar vergaderings met die bestuurs, personeel, ouers en ander belanghebbendes wat aandag moet kry. Elke registerklasonderwyser het in die oggend tyd vir sy of haar leerlinge ("home group") terwyl daar ook programme moet wees om leerlinge se gedrag en veiligheid gedurende pouses te monitor. Ek is ‘n voorstaander daarvan dat al die leerlinge en hul ouers ten minste een besoek per jaar ontvang, maar definitief meer indien nodig.
Klaskamerbestuur het sy eie uitdagings. Naas die les wat goeie voorbereiding verg, moet tuiswerk nagegaan word en leerlinge se vordering gemonitor word. Verder is gesprekke en waarskuwings oor verantwoordelike optrede nie uitgesluit nie.
Die skooldag van ‘n presterende skool is tjokkenblok vol, maar so ‘n skool sal nie afwyk van die tydvoorskrifte soos in die kurrikulum vervat nie. Dit is ononderhandelbaar.
Die uitdaging aan die bestuur van die skool is om so gou moontlik ‘n werkende rooster daar te stel en om die res van die bestuursaktiwiteite (buitekurrikulêre akitiwiteite, personeelvergaderings, ens.) te bepaal. Daar is baie skole, en die prestasievlakke van sulke skole is moontlik ‘n aanduiding daarvan, wat nie aan die vereiste voldoen nie. Leerling- en onderwyserafwesigheid is ‘n kopseer en daar word afgewyk van die amptelike rooster om tyd vir ander aktiwiteite te maak.
Die 07:00 tot 13:00 word as ‘n reël van die arbeidsreg beskou waarvan nie afgewyk mag word nie. Ek wonder steeds oor so 'n skooldag in Namibië . . .
Onderwyserafwesigheid neem verder toe weens slypskole, vergaderings en byeenkomste terwyl onderwysbestuurders vergaderings en geleenthede bywoon wat hogenaamd geen impak op die kwaliteit van onderwys het nie. Ek moet my haas om te sê nie alle skole en bestuurders maak hulle hieraan skuldig nie.
Baie probleme wat verband hou met tydsbenutting kan voorkom word met effektiewe beplanning en voortdurende monitoring en evaluering. Projeksies kan gemaak word hoe klas- en vakgroepe daaruit gaan sien en hoe die beskikbare fasiliteite gebruik gaan word. Verder sal ‘n oudit oor die opleiding, ervaring en vaardighede van beskikbare onderwysers baie help om te bepaal waar hulle dienste die doeltreffendste aangewend kan word.
Dit sal baie bydra tot optimale tydsbenutting en gevolglik die prestasievlakke van die skool verbeter. Maar, hierdie beplanning moet reeds teen Augustus/September vir die nuwe akademiese jaar gedoen word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie