Onderwys - Skoolhoof se hande is nie altyd gebind
In verlede week se rubriek het ek verwys ek na mnr. Hans Hashagen wat wonder of skoolhoofde in tye van uitdagings en krisis nog leiding mag neem.
Mag skoolhoofde hul diskresie gebruik en eers later die owerhede in kennis stel?
Die Onderwyswet beopdrag skoolhoofde om seker te maak leerlinge en personeel op die skoolperseel is veilig. Leer en onderrig moet ongestoord plaasvind.
Kort na my aanstelling as skoolhoof en superintendent op Karasburg het een van die matrones gerapporteer dat sommige kinders met luise besmet was. Ek het onmiddellik ‘n skeermasjien, bloubotter en ‘n paar meter flennie bekom. Ek het al die seuns se hare so kort as moontlik geskeer en hul koppe met bloubotter behandel. Die dogters is met bloubotter behandel en hul koppe is met flennie bedek.
Die luisplaag is effektief gestuit, maar die regte van die kinders is geskend en die ouers se toestemming is nie verkry nie. Dit was egter onmoontlik - van die kinders was van Holoog, Ai-Ais, Gemsbokholte in die Kalahari, Warmbad, Grünau, Ariamsvlei, Namasvrede (Heirachabis), Noord-Oewer, !Gabis en Aussenkehr was. Ons het ook kinders van so ver as Springbok, Rehoboth en Windhoek gehad. Min ouers het telefone gehad en dit sou ‘n paar dae duur om ‘n vergadering van die skoolkomitee te belê.
Ek moes as skoolhoof my diskresie gebruik om die kinders en andere op die perseel te beskerm.
By ‘n laerskool in Oos-London, Suid-Afrika het 'n ouer die skoolgrond betree en wou ‘n onderwyser spreek sonder om vooraf die skoolhof se toestemming te kry. Die skoolhoof het hom twee keer gevra om eers by die kantoor aan te meld, maar hy het elke keer aanhou soek na die betrokke onderwyser se klaskamer. Toe die hoof hom die derde keer gewaar, was hy goed beduiweld en hy het die ouer met een hou katswink geslaan.
Die skoolhoof het korrek en binne die onderwysreg opgetree, maar die vuishou was ‘n oortreding van die strafreg. Ek dink nie enige landdros sou beïndruk gewees het nie.
Op Keetmanshoop het ek eens ‘n leerling verbied om om verder aan enige sport deel te neem weens wangedrag op die sportveld. Ek het dit in so ‘n ernstige lig beskou dat ek dit nie nodig geag het om die skoolkomitee bymekaar te roep nie. Die pa was baie ontstig en ek is die leviete op ‘n duidelike manier voorgelees.
Ek het daarna ‘n prokureur genader om die pa skriftelik te versoek om nie weer sy voete op die skoolperseel te sit nie. Die Administrasie vir Kleurlinge is in kennis gestel en ek is beopdrag om met die pa in gesprek te tree. Ek het ingestem op voorwaarde dat ons nie op die skoolperseel ontmoet nie. ‘n Skikking is by die koshuis bereik, maar ek wonder tot vandag of ek reg opgetree het.
Op Kimberley was die hoof van ‘n laerskool met langverlof. Die adjunkhoof is gevra om waar te neem, maar die skoolhoof het die sleutels en beheer oor die kantoor en kluis aan die sekretaresse besorg. Die skoolhoof het sodoende die bestuur van die skool in die wiele gery. Die waarnemende hoof het nie die saak gerapporteer nie en ek weet nie wat die uiteinde van die geval was nie, maar onderwysowerhede moes sulke gedrag ernstig veroordeel het.
Destyds het versekeringsagente onderwysers graag by die skool kom sien. Van die maatskappye was ook baie selektief met skenkings en sekere skole moes met die krummels tevrede wees. Al was dit gedurende die apartheidsjare het ons skole ‘n baie sterk demokratiese inslag gehad. Ek was nie bereid om hierdie diskriminasie verder te aanvaar nie en het alle "polissmouse" verbied. Daar is natuurlik heftig gekla en gemor, maar dit het my min gepla.
Soms moet skoolhoofde hul eie diskresie gebruik om hul leerlinge, kollegas en die integriteit van die skool te beskerm.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie