Onderwys – Skoolrade se regte en pligte
Godfrey Kleinhans
Hierdie rubriek het al heelwat te sê gehad oor die mishandeling van leerlinge op skoolpersele.
Die ergste vorm van vergryping was die onlangse beweerde verkragting van ‘n skoolseun verbonde aan ‘n bekende hoërskool in Windhoek. Ek het ook opgemerk dat ‘n dagblad oor nog ‘n verkragting van ‘n leerder (ook ‘n seun) gerapporteer het.
Ek het verlede week gewonder wat die reaksie van skoolrade in sulke gevalle is.
Die onderwysraamwerk het sedert 1989 radikaal in ons land verander. Die nuwe demokratiese opset vereis ‘n breër betrokkenheid en deelname in onderwyssake. Dit is nooit so uitgespel nie, maar het tot die vestiging van demokratiese onderwysgemeenskappe gelei.
Die Onderwyswet maak voorsiening vir demokraties verkose skoolrade. Die rade word belas met die bevordering van toerekeningsvatbaarheid, effektiewe deelname in skoolsake asook die effektiewe uitoefening van bevoegdhede en verantwoordelikhede.
Om konstruktief hieraan uiting te gee, moet die raad die skool se bestuur en die streeksdirekteur van goeie advies voorsien. Dit geld veral wanneer voorstelle voorgelê moet word vir die aanstelling van onderwysers en aanbevelings oor wangedrag deur leerlinge of onderwysers.
‘n Skoolraad – en dit is baie belangrik – het nie die streeksdirekteur en die skoolhoof se toestemming nodig om aanbevelings te maak of om hulle van advies te voorsien nie.
‘n Relevante vraag deur besorgdes: Wat gemaak as ‘n aanbeveling van ‘n skoolraad oor ‘n aanstelling eksplisiet en sonder verduideliking geïgnoreer word. Of, wat staan die raad te doen as sy aanbevelings oor dissiplinêre optrede geïgnoreer word.
Die skoolraad het geen uitvoerende bevoegdhede nie en die streeksdirekteur of uitvoerende direkteur is nie verplig om uitvoering aan aanbevelings te gee nie. Volgens beskikbare inligting het dit al gebeur.
Die skoolraad is egter nie magteloos nie. Dit kan aandring op antwoorde en steeds vertoë rig aan die minister van onderwys of die Staatsdienkommissie. Rade kan hul ook wend tot ander leiersfigure in die gemeenskap, soos parlementslede of lede van dorps- en streeksrade.
Die regsopset laat nie toe dat skoolrade kan dagvaar of gedagvaar word nie. ‘n Ander moontlike uitweg vir ‘n skoolraad is dus om die die kantoor van die Ombudsman te nader.
Wat staan skoolrade te doen wanneer leerlinge se grondwetlike en algemene regte op ‘n afgryslike wyse deur ‘n onderwyser of ‘n ander personeellid geskend word? ‘n Skoolraad moet oor die welsyn van die skool waak.
Ek mag verkeerd wees, maar kan nie onthou dat betrokke skoolrade vreeslik oor gerapporteerde gevalle geprotesteer het nie. Al het hulle die bevoegdheid om self klagtes by die polisie en onderwysowerhede aanhangig te maak. Verder kan rade dat aandring dat sake van erge wangedrag so spoedig moontlik afgehandel word.
Geregtigheid kan nie vir agt jaar wag nie. Onderwysers wat verdink word van kriminele oortredings mag nie op skoolpersele geduld word nie.
Skoolrade is deel van die onderwysgemeenskap en is nooit alleen in hul stryd om die welsyn van skole te bevorder nie. Die raad kan hom wend tot kerke, staatsinstansies soos hospitale en streekkantore van die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, streeksonderwysforums, selfs besighede, onderysvakbonde en verkose politici.
Dit bly ‘n raaisel waarom skoolrade oënskynlik op die kantlyn staan en toekyk. Wanneer gaan ons daadwerklik optree, met die amptelike en natuurlike bevoegdhede waarmee ons beklee is?
Daar is ‘n opdrag vir ons almal in die woorde van Landon Pearson: “There can be no global security without respect for children. We have to be more than just observers of children's suffering, we have to be partners with them in their struggles.”
Ons hoef niks as selfsprekend aanvaar nie. “Let us be outraged, let us be loud, let us be bold.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie