Onderwys - Slaagsyfer vs voltooiïngskoers
Die Suid-Afrikaanse graad 12-eksamenuitslae vir 2019 is onlangs bekend gestel en me. Angie Motshekga, die minister van onderwys, kon kwalik haar vreugde beteuel.
Beide staat- en privaatskole het volgens haar uitstekend gevaar. Die vak- sowel as die algehele prestasies toon 'n duidelike opwaartse kurwe. Van die 787 717 kandidate wat die eksamen vir staatskole afgelê het, het 83,3% geslaag terwyl 23,62% universiteitstoelating gekry het. Heelwat kandidate het onderskeidings en A-simbole in vakke verwerf.
'n Mens kan jou indink dat die vreugdevure in die meeste onderwysgemeenskappe hoog sou brand.
Leerlinge en ouers het gejuig en die betrokke besluitnemers (politici en administrateurs) was net so ingenome.
Die polemiek wat in sekere kringe gevolg het, verbaas eintlik. Professor Jonathan Jansen, voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat en tans hoogleraar aan die Universiteit van Stellenbosch, stem nie saam dat die uitslae die euforie regverdig nie. Volgens hom moet mens eerder kyk na die voltooiingskoers ("completion rate"). Dit verteenwoordig die aantal leerlinge (uitgedruk in persentasie) wat graad 1 in 2008 begin het en hul skoolloopbane na 12 jaar in graad 12 afgesluit het. Die berekening van hierdie koers sluit bevorderings- en herhalingskoerse in asook voortydige skoolverlating (ook as gevolg van siekte en dood) en die terugkeer van leerlinge.
Namibiese eksamenowerhede kondig nie voltooiingskoerse aan wanneer ons uitslae bekend gemaak word nie.
Volgens Desember en Januarie se aankondigings weet ons wel op graad 12 hoërvlak (voltydse en deeltydse kandidate vir NSSCH) het 9.6% van vakinskrywings nie punte ontvang nie ("ungraded") en 1,76% van vakke waarvoor ingeskryf is, is nie voltooi nie. Laasgenoemde persentasie is 0,53% vir voltydse kandidate en 15,5% vir deeltydse kandidate. Kommer is in sekere kringe uitgespreek oor die groot aantal 4-graderings (30,8%).
Van voltydse vakinskrywings op gewone vlak (NSSCO) was 7,3% ongegradeerd met 'n nie-voltooiingsyfer van 0,7%. Vir deeltydse vakinskrywings was die syfers onderskeidelik 18,5% en 12,9%. Die aantal vaksimbole benede 'n E (F- en G-simbole) was vir beide groepe 32,3% van alle vakinskrywings.
Ons aanvaar dit behoort nie langer as 12 jaar te neem om van graad 1 tot 12 te vorder nie. Enigiets meer dui op 'n vermorsing van skaars bronne. Voortydige skoolverlaters plaas ook geweldige druk op die ekonomie. Die voltooiingskoers is 'n belangrike aanduiding van die vlak van interne doeltreffendheid ("internal efficiency") van 'n onderwysstelsel.
'n Inwoner van Windhoek stem egter nie saam met die Suid-Afrikaanse perspektief nie. Hy fokus eerder op die aantal suksesvolle leerlinge, uitgedruk as 'n persentasie van die groep wat die eksamen afgelê het. Hy het 'n punt beet.
Skoolverlaters, ouers, werkgewers en opleidingsinstansies stel nie net belang in hoeveel leerlinge geslaag het nie, maar ook in die kwaliteit van simbole. Minder belangstelling word getoon in hoe lank dit leerlinge geneem het om hul skoolloopbane te voltooi. Politici wat in beheer van beleid is en bepaal hoeveel hulpbronne die onderwysstelsel ontvang, maak ook min melding hiervan.
Ek is egter geneig om Jonathan Jansen gelyk te gee. Dit sou onwys wees om net voortreflike graad 12-uitslae as 'n aanduider van kwaliteit onderwys te beskou. 'n Aantal maatstawwe, wat gedurig in wisselwerking met mekaar is en uiteindelik in die voltooiingskoers neerslag vind, gee 'n vollediger beeld.
Ons voltooiingskoers in Namibië is na beraming 30%. Dit is 'n aanduiding van 'n baie lae interne doeltreffendheidskoers. Verder is die hoë werkloosheidsyfer onder die jeug moontlik 'n aanduiding van 'n baie lae eksterne doeltreffendheidskoers.
Ons moet indringend kyk wat werklik in ons skole aangaan en of die huidige leerplan ons jeug genoegsaam vir die arbeidsmag voorberei. Ons sal nog moet sien of die hersiende leerplan die antwoord is.
Die beplande nasionale konferensie oor Engels is definitief 'n stap in die regte rigting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie