Onderwys - Sout in die baie, gapende wonde
Onderwys - Sout in die baie, gapende wonde

Onderwys - Sout in die baie, gapende wonde

Mandy Rittmann
Godfrey Kleinhans – Hierdie tyd van die jaar bly onderwys in die spervuur. As dit nie probleme is met gratis basiese onderwys nie, dan is dit ’n gesukkel met skoolplekke of ingekorte onderwysbegrotings.

Ondanks begrotingbesnoeiings is gratis onderwys na die sekondêre fase uitgebrei en die skoolontwikkelingsfonds (skoolfooie) geskrap. Die aantal leerlinge in die land neem toe en die gaping tussen die inskrywingskoers en die tempo waarteen nuwe geriewe opgerig word, raak al hoe groter. Soos die lys van verantwoordelikhede en verpligtinge toeneem, so raak die geld al minder.

Onderwys bevind homself in ’n onbenydenswaardige situasie en die realisering van kwaliteit onderwys raak al hoe meer soos ’n onbereikbare, verskietende ster.

Om sout in die baie, oop wonde te vryf, berig die Engelstalige Namibian Sun op bestuursfront dat die voorsitter van die Hardap-streeksraad die streek se direkteur van onderwys die trekpas gegee het.

Ingevolge ’n resolusie van die streeksraad was hy veronderstel om sy kantoor op 13 Desember 2021 te ontruim. Die stap is blykbaar geneem omdat die streeksdirekteur direk aan die uitvoerende direkteur van onderwys rapporteer. Die raadsvoorsitter is egter deur die prokureurs van die direkteur daarop gewys dat hy en die streeksraad geen bevoegdheid het om die direkteur uit sy pos te verwyder nie. Die raad en sy voorsitter moes volgens die prokureurs hul griewe eers met die uitvoerende direkteur opgeneem het.

Hierdie geskil is ontstellende nuus. Dit lyk of die voorsitter en moontlik ander raadslede delegering moontlik met evolusie verwar. Dit is ’n ongelukkige situasie wat nie geduld kan word nie.

Persone wat tot plaaslike of streeksrade verkies word, behoort hul te vergewis van desentralisering en verbandhoudende begrippe. Eenvoudig gestel, hulle moet die wet ken.

Die Namibiese gemeenskap kom uit ’n erg gesentraliseerde verlede. Alle paaie het na Windhoek gelei en alle besluite en opdragte het uit die hoofstad ontspring. Die burgery het maar ’n baie klein aandeel in hul eie ontwikkeling gehad.

Die doel van desentralisering is juis om mense op grondvlak te bemagtig. Op die wyse kan hulle hul toekoms in eie hande neem.

Die wet maak voorsiening vir streeks- en plaaslike rade met demokraties verkose lede. Dit is reg dat die streeksraad ’n ogie hou oor onderwys in die streek en alle gebreke en dwalinge aanspreek. Maar, dit is van kritieke belang dat die lede van die streeksraad hul deeglik van die reikwydte van die wet vergewis.

Die prokureurs wys die voorsitter en raad duidelik daarop hoe hulle te werk moet gaan as hulle tekorkominge in die onderwyspraktyk wil aanspreek; of van ’n direkteur ontslae wil raak. Maar toe die raadsvoorsitter ’n belangrike lessie hieruit moet neem, is hy te moeg om enige vrae van die koerant te beantwoord.

Dit is om van te ween.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!