Onderwys - Sterkte met die eksamens
Godfrey Kleinhans - Oktober is ‘n pragtige maand. So sê die digter.
Die dae word langer en warmer en die aarde word getooi in die pragtigste lentekleure. Oktober voorspel ongelukkig ook ‘n moeilike tyd vir sommige leerlinge en studente.
Die jakarandabloeisels kondig nie net die finale eksamen aan vir studente van Tukkies in Pretoria nie, maar ook vir hul ewekniëe verder suid van die Jukskeirivier. So word die boodskap ook voortgedra na Johannesburg, Kaapstad, Port Elizabeth, Windhoek, Oshakati, Keetmanshoop en vele ander kampusse.
By my alma mater, die Universiteit van die Wes-Kaap, moes diegene wie nie toelating tot eksamen verkry het nie maar hul plekke op die “predikaattrein” huis toe bespreek. Inderdaad ‘n spanningsvolle tyd vir studente en skoliere.
Eers ‘n bietjie raad aan leerlinge hoe om hierdie spanningsvolle tyd met sukses en ‘n bietjie meer gemak te hanteer.
Ouers en werkgewers beskou eksamens as uiters belangrik; eksamenkandidate behoort dit ook te doen. Kandidate kan hulself genoeg tyd gun vir voorbereiding deur deeglik te beplan. Onderwysers behoort hier van groot hulp te wees.
Ouers behoort te sorg vir genoeg ruimte en stilte vir die voorbereiding sowel as genoeg om te eet. Baie van ons leerlinge woon in informele gebiede waar ruimte en stilte soms skaars kommoditeite is. Ouers kan hierdie probleem in groepe aanspreek en/of hulle tot politieke en gemeenskapsleiers vir hulp wend. Skole behoort ook sover moontlik leerlinge uit hierdie gebiede te help deur klaskamers vir hulle beskikbaar te stel. Sopkombuise kan ook vir hierdie periode oorweeg word.
Studiegroepe kan wondere verrig, maar liefs nie groter as vyf of ses leerlinge per groep nie.
Dit kom my voor of die diskoers oor die wenslikheid al dan nie van eksamens nog lank nie afgehandel is nie. Baie kundiges is dit egter eens dat die eksamen ‘n seleksieproses is waarvolgens leerlinge deur die stelsel beweeg. Leerlinge se prestasies vertel ons ook hoe effektief onderwysdeskundiges en onderwysers met die leerplanne omgaan.
Verder het die graad 12-eksamens ook ‘n sertfiseringsfunksie. Presterende leerlinge kry toegang tot tersiêre inrigtings en werksgeleenthede.
Eksamens hou ook bepaalde voordele vir leerlinge in. Eksamens het die potensiaal om leerlinge te "leer" van stiptelikheid, tydsbenutting en hoe om hulself oor bepaalde kwessies uit te druk. Dit motiveer leerlinge om te presteer en wek ‘n mate van kompetisie onder hulle.
Eksamens het ook ‘n bepaalde bemarkingswaarde. Skole met uitstekende uitslae lok leerlinge en gesonde mededinging tussen skole is positief.
Ons besef egter nie altyd die belangrikheid wat seleksieprosesse op skool vir die aanwysing van die leiers van môre inhou nie. Samelewings het leiers nodig vir tegniese, kommersiële en politieke funksies.
In baie samelewings word leiers aangewys op grond van geslag, ras, sosiale status en voormalige benadeling. Baie kinders erf ook later die posisies van hul ouers.
In die ware demokrasie word die keuse van leiers deur bewese potensiaal en persoonlike suksesse, met ander woorde deur meriete. Ekonome is dit eens dat gemeenskappe beduidende ekonomiese groei kan verwag waar hul leiers op grond van meriete aangewys word. Maar die seleksieprosesse moet deursigtig, regverdig en vry van korrupsie wees en moet deur die gemeenskap vertrou word.
Die onderwysstelsel is ‘n belangrike bron van leiers mits dit vry van middelmatigheid en korrupsie is en regverdige kompetisie een van sy hoekstene is. So ‘n onderwysstelsel se eksamenprossesse sal uiteraard aan dieselfde vereistes voldoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie