Onderwys - Toe en nou
Godfrey Kleinhans - 'n Besigheidspersoon in Windhoek het ‘n diskoers op Facebook begin deur te vra of die huidige onderwysbestel in Namibië beter is as die een voor 1989.
Baie mense verlang met nostalgie na die vorige bestel; hulle voer graag aan dat dissipline beter was. Dit het my gedwing tot ‘n paar opmerkings hieroor maar eers die volgende.
Onderwysontwikkeling in Namibië is natuurlik onlosmaaklik van die van sy voormalige koloniseerder, die Republiek van Suid-Afrika.
Die Suid-Afrikaanse regering het na die 1948 verkiesing oorgegaan in die hande van DF Malan en sy Nasionale Party. Apartheidswetgewing is met rasse en skrede aangegeneem en energiek geïmplimenteer.
Een van die kernwette van hierdie era was die Wet op Aparte Geriewe van 1953. Net strate en openbare paaie was uitgesluit van die onverbiddelike, verbiedende bepalings van hierdie wet. Alle nie-wit burgers in wit-verklaarde gebiede moes trek; so ook skole en kerke.
Die weg is gebaan vir ekstreme apartheidspraktyke en geen samelewingsektor is gespaar nie. Die ontwikkeling van onderwys in die ou Suidwes-Afrika het teen hierdie agtergrond geskied.
‘n Uitstaande kenmerk van hierdie ontwikkeling was ongelykhede en diskriminederende praktyke. Du Pisani praat in Namibia: The historical legacy (1987) van “institutionalized inequality”. Die onderwyser-leerling-verhouding van 1988 gee ‘n duidelike illustrasie van Du Pisani se beskrywing:
Wit leerlinge12:1
Kleurling leerlinge22:1
Swart leerlinge34.1
Onderwysvoorsiening vir nie-wit gemeenskappe is gekenmerk deur ‘n kritieke gebrek aan skole (en klaskamers), ablusiegeriewe en groot getalle gebrekkig opgeleide onderwsyers. Die kerkgenootskappe moes gevolglik inspring; en hulle het monumentale werk gedoen.
In Uitenhage, my grootworddorp, was daar twee staatskole en ses kerkskole toe ek die laerskool in 1957 betree het, terwyl daar ‘n staatslaerskool in die meeste van die witverklaarde woonareas was. Daar was drie sekondêre skole vir wit leerlinge terwyl die Kleurling gemeenskappe hul eerste een in 1964 gekry het. Met die swart gemeenskappe het dit nog slegter gegaan.
Terug na die vraag in die eerste paragraaf hierbo. Daar is geen gronde vir ‘n bewering dat die ou bestel enigsins beter was as huidige een nie.
Apartheidspraktyke in onderwys is mee weggedoen en ingevolge Artikel 20 van die Namibiese Grondwet mag geen kind toegang tot onderwys geweier word nie. Hierdie bepaling word verder gerugsteun deur Artikel 15 wat handel oor kinderregte. Die afwesigheid van hierdie waarborge, geanker in universele menseregte, was ‘n uitstaande kenmerk van die apartheidsbedeling.
Terug na die kwessie van gebrekkige dissipline. Mense blameer graag die verbod op lyfstraf en die sekulariteit van die Namibiese staat hiervoor. My antwoord hierop is die volgende: die onderwyssisteem het voorgeskrewe gedragskodes vir leerlinge en onderwysers terwyl die staat nog altyd meer as verdraagsaam was teenoor godsdienstige praktyke. Maar hieroor in volgende aflewerings.
Was die vorige onderwysbestel beter as die huidige een? Ek glo nie!
Mens moenie die fout maak om die baba met die badwater uit te gooi nie. Die fout moet eerder gesoek word in onderwysbeleid, implementering daarvan, die mate en kwaliteit van gemeenskapsdeelname en skoolbestuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie