Onderwys - Tussen die staat en die prokureurs
Onderwys - Tussen die staat en die prokureurs

Onderwys - Tussen die staat en die prokureurs

Dani Booysen
Godfrey Kleinhans



Die Namibiese Grondwet verleen baie beskerming en waarborge aan die burgers van hierdie land.

Hiervan word ook gewag gemaak in ‘n skrywe deur ‘n prokureursfirma aan die minister van gesondheid.

Die regering is verplig om redelike voorsorgmaatrëels te tref om inwoners in tye van krisis optimaal te beskerm.

Vir mnr. Chris Smith van Mariental se streeklandbou-unie is genoeg voorsorg beslis nie getref nie. Hy sê prontuit, in die Republikein van 28 Junie 2021, dat die regering sy verantwoordelikhede ontduik het.

Wanneer mense se lewens negatief beïnvloed word deur lui, nalatige en onverantwoordelike staatsamptenare, kan hulle die regering volgens Artikel 18 van die Grondwet in die hof uitdaag.

Baie beskuldigings en verwyte word sedert die aanvang van die tierende pandemie na die staat geslinger. Dit is nie alles grondeloos nie.

Hospitale ervaar ‘n tekort aan beddens, intensiewesorgeenhede is vol en die suurstofvoorraad loop plek-plek uit. Baie Covid-pasiënte moet tuis isoleer en private hospitale verkeer in dieselfde benarde situasie as staatsinstellings.

Ek het al tevore verwys na ‘n pasiënt wat in die nag na Rundu vervoer moes word. Dit kon nie per vliegtuig gedoen word nie omdat die ligte van die aanloopbaan buite werking was.

Dit is baie duidelik dat die staat sukkel en dit is verblydend om te sien dat die privaatsektor tot die stryd toetree.

Republikein vertel mnr. Roan Minnaar van Oranjemund was skoon bewoë was mnr. Gert Liebenberg van Hardap Freight Services aangebied het om suurstof gratis van Windhoek na ander sentra in die land te vervoer.

Ek hoop maatskappye wat nog op die kantlyn staan, sal vinnig tot die stryd toetree.

Sedert Maart verlede jaar het baie mense getwyfel oor die ministerie van onderwys se gereedheid en kapasiteit om die virus by skole in toom te hou. Die gebrek aan onderrigruimte, water, ablusiegeriewe en toesighouding was van die gebreke wat uit die staanspoor genoem is. Die hoë infeksiekoers by skole kan ‘n aanduiding daarvan wees dat die nodige regstellings nie gedoen is nie.

‘n Paar weke gelede het die bekende oud-skoolhoof, mnr. Hans Hashagen, gewonder of skoolhoofde die reg het om hul eie diskresie te gebruik.

Ek weet van ‘n skoolhoof wat die week leerlinge huis toe gestuur het, omdat hy glo nie bereid was om in huidige omstandighede met onderrig voort te gaan nie. Hy het duidelik sy diskresie gebruik om die moontlike verdere verspreiding van die virus hok te slaan.

Uit die situasies wat baie van ons tans beleef, kom ‘n hele klomp regsvrae na vore.

Streng gesproke kan ‘n leerling wat Covid-19 opdoen byvoorbeeld ‘n eis instel indien dit weens gebrekkige voorbereiding gebeur het.

Wat sal die ministerie se antwoord wees op vrae deur leerlinge wat moet herhaal as gevolg van verlore onderrigtyd? Sou die peletonmodel beter as onderrig op alternatiewe skooldae gewerk het?

Aan die ander kant is die staat ‘n mensgemaakte sisteem wat deur mense ge-operasionaliseer word. Dit is nie volmaak nie en sal waarskynlik altyd aan menslike swakhede mank gaan.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!