Onderwys - Universiteite: Outonomie en akademiese vryheid
Die minister van hoër onderwys se uitsprake in die Namibian Sun van 3 Maart 2021 moes die rooi liggies vir die Namibiese instansies vir hoër onderwys laat flikker het.
Mens kan nie die duidelike boodskap in die opskrif ”Not up to you” mis nie. Inmenging by sulke instellings en hul besluite kan 'n bedreiging vir die institusionele outonomie en akademiese vryheid van ons universiteite inhou.
Volgens die minister was universiteite deel van die 2011-onderwyskonferensie en kan nie nou onkunde pleit oor veranderinge in leerplanne en die plig om plek vir graad 11-skoolverlaters te skep nie. In die berig of in die Universiteit van Namibië se verduideliking hoekom hulle nie graad 11's gaan inneem nie, word nêrens melding gemaak van enige samesprekings en onderhandelinge ná die 2011-konferensie nie.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het ook nie in hul omsendskrywe oor veranderinge ("Formal Education 3/2018") in die leerplan vermeld graad 11-leerlinge word vir universiteitsopleiding voorberei nie.
Dit bring my by die samelewingsfunksie van universiteite.
Universiteite is instansies vir leer en navorsing. Hulle neem afgestudeerde skoliere in, onderlê hulle met kennis en vaardighede en is die drywers van navorsing. Hul finansiële bronne is staatsubsidies, studentegelde, donasies van alumni en ander welwillende organisasies, navorsingsbemakings, intellektuele eiendomsregte, fondswerwing, kort kursusse, werwing van buitelandse studente en afstandsonderrigprogramme.
'n Baie hoë graad van institusionele outonomie is nodig om al hierdie funksies te kan verrig.
Volgens Unesco se definisie vertoon institusionele outonomie 'n intieme verbintenis met akademiese vryheid. En, volgens hierdie outonomie en vryheid het universiteite die reg om die kriteria te bepaal vir wie onderrig ontvang, wie onderrig gee en watter navorsing aangepak word.
Universiteite besluit ook oor studentefooie, personeelstrukture, pligstate en salarisse, studente-akkommodasie, kurrikula en vele ander sake. Enige universiteit behoort die take sonder vrees of vooroordeel aan te pak.
Tydens die termyn van Kader Asmal as minister van onderwys het universiteite in Suid-Afrika 'n hoë graad van institusionele outonomie geniet. Asmal was 'n akademikus en het die konsep deeglik verstaan.
In Blade Nzimande se tyd as minister van hoër onderwys en opleiding (2009-2017) was daar definitiewe pogings om inbreuk op die outonomie van universiteite te maak.
In die geval van die Sentrale Universiteit van Tegnologie wou die minister die universiteitsraad ontbind en 'n administrateur aanstel. Die hof het beslis dat die minister nie die bevoegdheid het nie en dat 'n universiteit juis oor strukture soos 'n raad, senaat en ander platforms beskik om sy eie besluite te neem.
Die algemene standpunt van die howe, soos dit vir my lyk, is dat universiteitsoutonomie en akademiese vryheid ingebed is in die reg op onderwys.
Wat gaan Unam en die Namibiese universiteite doen?
Miskien is ook 'n les te leer uit die geskiedenis van die Universiteit van Weskaapland (UWK), wat oorspronklik deur die Nasionale Party-regering vir die sogenaamde kleurlingbevolking gestig is. Prof. Dicky van der Ross en prof. Jakes Gerwel na hom en hul kollegas het die profiel van die instelling radikaal verander. Op 'n tyd is die UWK die "Universiteit van die Werkersklas" genoem, terwyl Gerwel die instansie in lyn gebring het met die standpunte van die vryheidsorganisasies. Dit het hulle vreesloos gedoen.
Vandag is die UWK 'n wêreldbekende en -erkende inrigting vir hoër onderwys.
Unam se visie en missie hang ten nouste saam met die realisering van Visie 2030. Dit sal goed wees as die politici hul aanslag kan versag sodat die universiteit onbelemmerd sy doelwitte kan nastreef.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie