Onderwys - Veiligheid op skoolgronde
Godfrey Kleinhans - Geweld in en buite skole is nie ‘n vreemde verskynsel nie.
Maar, dit was meestal beperk tot ‘n latswaaiery deur die onderwysers (wat vandag natuurlik in die meeste regstelsels onwettig is), ‘n appelswaaiery onder die seuns en ‘n haretrekkery onder die dogters. Selde het dit uitgeloop op iets ernstiger.
My skoolloopbaan het in 1957 begin by ‘n kerkskool wat in ‘n blankverklaarde gebied geleë was. Baie middae moes ons maar hardloop voor ‘n jong klomp Afrikaner-belhamels wie ons nie eintlik in hul area geduld het nie.
Tydens een van hierdie konflikte het een van ons skoolmaats die einde van sy jong lewe bereik. Wat die einde hiervan was, kan ek nie onthou nie, maar ek moet ook bieg dat ons nie juis engeltjies was nie.
Skoolgeweld het toegeneem in die soort, frekwensie en graad van voorvalle. Leerlinge doen aggressiewe aanvalle op maats en die sosiale media het al heelwat gevalle van wreedaaardige aanvalle op leerlinge deur onderwysers die wêreld ingestuur. Aanvalle deur leerlinge op, en die spottery van onderwysers is nie meer vreemd nie.
Boelies teister leerlinge, ernstige gevalle van geweld is al gerapporteer en baie keer word gevaarlike wapens gebruik. Soms daag leerlinge met vuurwapens by skole op.
Leerlinge sluit aan by bendes en dis nie vreemd dat hul kamerade by skole opdaag en allerlei eise stel nie; ‘n verskynsel wat hom in die Wes-Kaap in Suid-Afrika voordoen. Baie leerlinge word daagliks aan bende-aktiwiteite blootgestel in hul woongebiede.
‘n Studie in Suid-Afrika toon 15,3% van leerlinge ervaar een of ander vorm van geweld op skoolpersele.
Vele stories het al die lig gesien waarin onderwysers vir die swangerskappe van skooldogters verantwoordelik is. Verhoudings kom selfs tussen onderwysers en leerlinge van dieselfde geslag voor.
Die gevaarligte flikker al duideliker en met ‘n sterker intensiteit.
Dwelms by skole is aan die toeneem. Namibië se ligging as 'n deurgangsroete vir dwelmhandel is glad nie goed vir ons leerlinge nie.
Vyf jaar gelede het dr. David Namwandi, toe adjunkminister van onderwys, aan die parlement gerapporteer dat 24 leerlinge uit ‘n groep van 30 positief vir een of ander dwelm getoets het. Die European School Survey Project on Alcohol and Drug Abuse het bykomend hiertoe bevind 14- en 15-jarige leerlinge in Namibië neem gereeld alkohol in.
In Suid-Afrika het 57,9% van laerskool- en 72,9% van hoërskoolleerlinge in 2018 positief vir dwelms in 2018 getoets. Uit ‘n toetsgroep van 145 laerskoolleerlinge het 56 seuns en 28 dogters positief getoets terwyl 478 hoërskoolleerlinge uit ‘n groep van 655 positief getoets het.
‘n Skool in Windhoek (miskien is daar meer) laat leerlinge nou gereeld vir wapens en dwelms deursoek.
Geweld, tienerswangerskappe en dwelms is nie al bedreigings vir leerlingveiligheid nie. By die Hoërskool Driehoek in Van der Bijlpark het vier kinders die lewe gelaat toe 'n brug meegegee het. In Lagos het ‘n drieverdiepinggebou wat onder andere ‘n laerskool gehuisves het, inmekaargetuimel. Twintig mense is beseer en veertig vasgekeer. In Nigerië is agt kinders dood en 100 ander vasgekeer toe ‘n skoolgebou inmekaargesak het. Swak en verswakte infrastruktuur skep risiko's.
Putlatrines hou ook ‘n wesenlike gevaar vir kleiner kinders in. In Suid-Afrika het kinders by skole in die landelike gebiede al in die latrines geval en verdrink.
Dr Peter Ninnes het tydens die Nasionale Onderwyskonferensie geprojekteer die agterstand in ablusiegeriewe vir leerlinge sal eers in 2039 uitgewis wees en die vir onderwysers in 2031.
Aanslae is dus nie net van ‘n fisieke aard nie, maar is ook gerig op die waardigheid van leerlinge en onderwysers. Voor my uittrede uit onderwys het ek al by skole opgedaag waar die toestand van ablusiegeriewe ‘n gesondheidsgevaar vir leerlinge ingehou het en deksels van mangate verwyder is; ‘n uiters gevaarlike situasie vir kleiner kinders.
Leerlinge moet veilig en geborge voel op die skoolperseel. In die lig van 'n groeiende skoolbevolking en groter klasgroepe is dit nie altyd vir die skool moontlik om die veiligheid van kinders te waarborg nie. Die skool sal egter eerste genader word met vrae wanneer leerlinge iets op die skoolgronde oorkom.
Skoolveiligheid is ‘n taak wat gesamentlik deur die skool, skoolrade, die ouers, streekkantore en onderwysforums, die polisie, ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die ministerie van werke aangepak behoort te word. Die privaat sektor en plaaslike owerhede kan ook ‘n beduidende rol speel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie