Onderwys (vir eers) aanlyn
Die akademiese jaar sal nie gekanselleer word nie, sê die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie.
Henriette Lamprecht - Die aanlynonderrig van sowat 800 000 leerlinge landwyd begin amptelik op 20 April wanneer skole weer heropen. Geen leerling of die meer as 30 000 onderwysers by 1 897 skole landswyd gaan fisies skool bywoon nie.
“Die akademiese jaar gaan nie gekanselleer word nie,” het me. Sanet Steenkamp, uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur gister tydens die daaglikse Covid-19-inligtingsessie beklemtoon. Die slegste uitkoms volgens haar sal wees as leerlinge ’n graad moet herhaal.
Volgens haar bly die die ministerie se hoogste prioriteit die veiligheid en welstand van sy leerlinge en onderwysers.
“Ons moet nou die begrip vorm van onderwysers wat van die huis af werk.”
Sy sê ook skole het effektief net 44 dae in die eerste termyn gebruik, wat ’n wesenlike invloed op eksamens sal hê.
“Ons is reeds geweldig geraak in terme van formele eksamens. Met die aanvang van skole sal alle rolspelers ’n voorbereidings- en reaksieplan voorlê om dit te bestuur. Dit sluit toepassings soos Google Classroom en Notesmaster in.”
Steenkamp het beklemtoon wanneer die skole heropen, moet ’n sin van “doelgerigte, gestruktureerde onderrig tuis” gekweek word.
Volgens haar werk die ministerie onverpoos saam met rolspelers oor wat nodig is om ’n aanlyn, virtuele en digitale manier te vind om alle leerlinge te bereik – ook diegene wat nie toegang hiertoe het nie.
“Ons is deeglik bewus van huishoudings wat nie hiertoe toegang het nie. Ons probeer voortgeset maniere vind om ongelykhede tot onderrig te takel,” het sy gesê.
Steenkamp het na ’n terugkeer na basiese vaardighede soos geletterdheid en syfervaardigheid verwys en die Namibia Reads-toepassing vir 1- tot 9-jariges wat reeds gebruik word.
“Ons gaan nuwe definisie gee aan oop- en afstandsonderrig en die dissipline wat hiermee saamgaan. Ons moet tegnologie verwelkom namate ons vorentoe beweeg.”
Volgens haar is ’n taakspan saamgestel om maniere te vind om ’n ondersteunende omgewing vir aanlynonderrig te skep en ook ’n bepaling van die behoeftes van elke leerling te doen.
Met betrekking tot voedingsprogramme by skole is ’n opname gemaak oor hoeveel leerlinge hierdeur geraak word en hoe skole kos wat reeds by hulle afgelewer is, aan behoeftige gemeenskappe beskikbaar kan stel.
Me. Patience Masua, waarnemende sekretaris-generaal van die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) het op haar beurt gesê die organisasie se fokus is die mees weerlose gemeenskappe. In dié verband gaan ’n loodsprojek in die Khomas- en Erongostreek begin word om weerlose families by te staan wat by voedingsprogramme gebaat het.
Nanso gaan ook ’n pakket vir graad 1- tot 3-leerlinge saamstel wat verwante vaardigheidsoefeninge insluit. Behoeftige studente sal ook skryfbehoeftes ontvang.
Met verwysing na leerlinge wat moontlik die slagoffers van mishandeling is, is ’n noodnommer 085 737 7357 geskep waar dit aangemeld kan word.
Sy het beklemtoon Nanso verwerp enige oplossing wat nie gelyke toegang aan alle leerlinge en studente gee nie.
“As daar nie gelyke toegang tot aanlyn platforms is nie, moet die proses gestop word totdat elkeen dieselfde toegang het,” het sy gesê.
Volgens dr. Heroldt Murangi, besturende direkteur van die Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol), is onderwysers uit die voormalige onderwysstelsel aangestel om vir twee ure per dag notas vir graad 10- tot 12-leerlinge saam te stel en hul vrae te beantwoord.
Sowat 2 000 lesse gebaseer op verskeie vakke is ook voorberei om deur die nasionale uitsaaier (NBC) uitgesaai te word. Video’s is ook op YouTube gelaai.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie