Onderwys voor groot uitdagings
Midde voortdurende gesondheidsuitdagings weens die pandemie, het die onderwysministerie benaderuk geen leerder mag agterweë gelaat word nie.
Tanja Bause en Augetto Graig – Terwyl talle ouers met die aanvang van die skooljaar vandag nog naels kou oor versekerde plekke vir hul kinders op die skoolbanke, het die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp‚ ‘n gerusstellende boodskap gehad. “Geen leerder sal uitgesluit, verwerp of agterweë gelaat word nie en almal sal tot skole toegelaat word.”
Tog het heelwat ouers in Windhoek nog nie dié versekering van skole ontvang nie.
Die Hage Geingob Hoërskool kan byvoorbeeld vanjaar 225 leerlinge vir graad 8 inneem, en volgens die skoolkantoor is daar nie ’n enkele plek oop nie nadat sowat 3 000 aansoeke verlede jaar ontvang is. Daar is nie genoeg klaskamers om meer in te akkommodeer nie.
By die Khomasdal Laerskool het desperate ouers nog teen Vrydag tevergeefs navraag gedoen. Die skool het reeds spesiaal by die ministerie van onderwys toestemming gekry om 40 kinders in elk van hul drie graad 0-klaskamers te akkomodeer, net om ouers uit te help.
By die Havana Projekskool waar leerlinge al jare in tente skoolgaan, sê die skoolhoof, mnr. Simasiku Mweti, hulle kon wel plek maak vir almal wat aansoek gedoen het. Sowat 230 leerlinge sal die jaar daar graad 8 begin of herhaal, sê hy, terwyl die totale leerlingtal vir die skool sowat 750 is.
“Om te sê ek is reg om hulle te ontvang, is nie waar nie. Baie van ons tente is oud, maar ons sal die naweek dit wat ons het oprig en teen Maandag tafels en stoele begin regpak. Ek sal miskien eers later die week my leerlinge kan ontvang,” het hy Vrydag gesê.
Goeie nuus is egter dat die Havana Projekskool se skoolgebou eindelik voltooiing nader. Mweti sê hy sien baie daarna uit dat die kinders voor die einde van die eerste kwartaal in hul nuwe klaskamers sal kan intrek.
Volgens die sekretaresse van Windhoek Hoërskool is daar nie eens meer plek vir ’n muis nie.
“Donderdag was dit ‘n malhuis; ons het niks meer plek nie. Ons sal ook eers oor sowat twee weke weet of ons plek vir dalk een of twee sal hê wanneer al die kinders terug is.”
Die skoolhoof van Pionierspark Laerskool, mnr. Ryno Brand, sê hulle is so vol dat hulle "nie 'n kwart van 'n muis" kan akkommodeer nie.
“Vandat ek Woensdag by die skool aangekom het, is dit ’n malhuis soos ouers ons drumpel deurtrap, maar ons het net nie plek nie.”
Dit weerspieël die situasie by al die primêre, sekondêre en hoërskole in Windhoek.
“Daar is net nie genoeg hoërskole in Windhoek nie,” het een waarnemer gesê.
Covid-uitdagings
Volgens Steenkamp is die tema van haar ministerie vanjaar: “Herverbeel onderwys in 2022: Onderwysherstel met hernude entoesiasme en toegewyde pogings.”
Met toenemende Covid-infeksies bly veiligheidsprotokolle van krag en alle skole moet sosiale afstand, die dra van maskers en volgehoue sanitasie en higiëne handhaaf.
Met nog Covid-uitbrekings te wagte, voorsien Steenkamp die moontlikheid dat sekere skole tydelik mag sluit. Sommige skole sal vanjaar vootgaan met die sogenaamde peloton-stelsel, wat beteken nie alle kinders is gelyktydig by die skool nie.
Ten einde om te sien na leerders se sielkundige behoeftes, moet ondersteuningsvakke soos kuns, inligting en kommunikasie, liggaamsoefening asook godsdiens en morele opvoeding vanjaar onderrig word.
Inkopie-drukte
Volgens die bestuurder van Waltons Namibië, mnr. Thorsten Subas, is die skryfbehoeftewinkel al vanaf 29 Desember verlede jaar ‘n miernes van bedrywigheid.
“Ons is elke jaar besig, maar dit voel vir my asof ons die jaar besonders besig is. Ek weet nie of dit is omdat die skole vroeër begin of wat dit is nie. Ons hardloop gedurig uit inkoopmandjies en trollies uit omdat die winkel so besig is en saans is ons voete seer van al die rondhardloop,” het hy Vrydag oor die skryfbehoefte-inkope van ouers gesê.
Die winkel is landswyd ook weer aanstaande Sondag vir die publiek oop.
“Ons is elke jaar die eerste twee Sondae oop terwille van die ouers wat werk en nie in die week tyd het nie.”
Ouers het Vrydag buite die skoolklerewinkel Boundary Wholesales in Windhoek in rye hul beurt afgewag om hul kinders se skoolklere betyds vir die nuwe skooljaar aan te skaf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie