Onderwys - Vrae oor ons pensioen
Godfrey Kleinhans
Onderwysers is seker van die belangrikste innoveerders van sosio-ekonomiese ontwikkeling.
Hulle is onder andere die voorbereiders van leiers en werknemers in die onderwys-, mediese, handel-, reg-, politieke en religieuse sektore. Hulle dra by tot die voorbereiding van mense in die middel en lae inkomste vlakke. Hulle sorg dat ontwikkeling op ‘n volgehoue wyse op ‘n aaneenlopende trajek plaasvind. Deur dit te doen, dra onderwysers geweldig baie by tot die stryd teen armoede, om produktiwiteit en lewensomstandighede te verbeter, die beskerming van die omgewing en die kweek van ingeligte burgers. Hulle sorg dat ontwikkeling en ons bestaan nooit by ‘n stopstraat beland nie.
Onderwysopleiding het eers aandag begin kry nadat onderwys uit die kothuise na skole verhuis het. Onderwys moet tred hou met alle vorme van ontwikkeling en oor die jare is kurrikula vir onderwyseropleiding gedurig verander en verbeter.
Opleiding vir primêre onderwys, veral in agtergeblewe gemeenskappe, het vroeër by onderwyskolleges plaasgevind terwyl universiteite verantwoordelik was vir opleiding van aspirant hoërskoolonderwysers. Kolleges het later die laer primêre onderwyssertifkaat en die primêre onderwyssertifikaat vervang en uitgebrei tot matriek plus drie- en vierjarige kurusse. Onderwyseropleiding is in later jare deur universiteite oorgeneem.
Die meeste onderwysers, veral die wat vandag al uitgetree het, moes begin werk teen baie lae en power salarisse. Baie onderwysers het hul kwalifikasies deur afstandsonderrig verbeter met die oog op ‘n beter salaris en/of bevordering. Hulle het baie geld en tyd in hul studies belê.
Baie het selfs meesters- en doktorsgrade behaal. Van hulle het later betrekkings by kolleges en universiteite aanvaar en het sodoende bygedra tot die sukses van voortgesette onderwysopleiding.
Maar, ons moet nooit die "LPOS"-juffrouens vergeet nie. Daardie dames het reusewerk gedoen. Baie jare gelede is daar op ‘n mooi manier na hulle as die Cinderellas van die laerskole verwys.
Onderwysers en ander staatsamptenare dra maandeliks tot 'n pensioenfonds by. Hierdie geld (en ook ander fondse) word met behulp van wetgewing beskerm en deur goedgekeurde pensioenfondse bestuur. Die geld kan egter nie lê en wag vir mot en roes nie.
Volgens wetgewing kan die fondse geld leen aan staatsondernemings, ander instansies of besighede. En dit is hier waar die ontevredenheid van menige onderwysers en staatsamptenare begin. Daar is geen waarborg dat hierdie geld na die fonds sal terugkeer nie. Hoeveel sulke besighede was en is suksesvol, en hoeveel gaan in elk geval onder?
Die premier, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, stel voor pensioenfondse moet meer geld in plaaslike ontwikkeling belê. As sodanige beleggings sedert die tagtigerjare ‘n hoë sukseskoers getoon het, sou hierdie beroep deur die eerste minister nooit nodig gewees het nie? Inteendeel, van die ondernemings wat in die verlede gehelp is, was bodemlose putte.
Afgetrede onderwysers en ander staatsamptenare is besorgd dat hul pensioengeld in twyfelagtige ondernemings belê word. Hulle sien weinig groei in die geld wat hulle maandeliks ontvang. En dit lyk nie of reddingsboeie eenmalig geskied nie.
Hierdie week word ‘n organisasie gestig om hierdie saak aan te spreek. Soos ek verneem, word alle persone wat GIPF-pensioene ontvang, versoek om die vergaderings op Keetmanshoop en Mariental by te woon. Ek is een van die afgetredenes, en sal daar wees om te luister.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie