Onderwys - Weg van die dwaalpaaie
Ons is steeds in Januarie van die nuwe skooljaar en volgens die nuusblaaie het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur reeds 'n paar ernstige kopklappe weg.
Die graad 12-uitslae was nie vleiend nie en op die koop toe het die jaar begin met die ou, gewone kopsere.
Baie ouers soek nog plek vir hul kinders terwyl ander hul bankrot betaal aan uniforms, handboeke en skryfbehoeftes terwyl die "vrywillige" finansiële bydrae ondanks gratis onderwys ook nog gemaak moet word. Vervoer van en na skole neem ook deesdae 'n groot hap uit huishoudelike inkomstes.
Naas die leuen oor gratis onderwys duur beleidsonsekerheid en verwarring voort.
Die ministerie voer 'n regsomkeer uit oor sy besluit om deeltydse graad 10-leerlinge nie tot die tradisionele dagskole toe te laat nie.
Op plekke sal tentskole weer as klaskamers moet dien terwyl peletonskole (dubbelskofte) in die vooruitsig gestel word. En om alles te kroon, sal daar perde wees as enige skoolhoof dit sou waag om 'n kind weg te wys.
Hierdie gebeure is alles simptome van ernstige probleme in die stelsel wat al verskeie kere in hierdie weeklikse rubriek aangeroer is.
Die besluit om peletonskole in te stel, is 'n dapper een, maar dit verbaas my nog meer as die tentskole. Met die land se ekonomie gaan dit nie goed nie.
Die tekort aan klaskamers en ander gebreke is alom bekend en peletonskole moes lankal deel van die minsiterie se mediumtermynbeplanning gewees het.
Die peletonskool is 'n twintigste eeuse ingryping wat wêreldwyd aangewend word om tekorte aan klaskamers aan te spreek in tye van beperkte finansiële bronne.
Dit bied toegang tot onderwys aan leerlinge waar die konstruksiekoers van nuwe klaskamers ver benede die toelatingskoers is. Verder verminder dit ook die eenheidskoste per leerling.
Ek is nie gekant teen die implementering van hierdie model nie, maar dit bied 'n medium- tot langtermynoplossing en is nie bedoel vir krisistye nie. Dit is ook nie die beste opsie vir tentskole nie.
Navorsing bewys peletonskole word nooit geredelik deur gemeenskappe aanvaar nie. In die meeste gevalle word die oplossing in behoeftiger gemeenskappe ingespan.
Peletonskole in Namibië en Suid-Afrika word selfs verbind met apartheidsonderwys en diskriminerende begrotings. Die model is slegs aangewend in skole vir "kleurlinge" en swart mense. Die Namibia Teachers Union het peletonskole al tydens 'n protesoptog as “life threatening” beskryf.
Skoolhoofde en onderwysers sal voorberei moet word om die model te bedryf terwyl ouers oorreed sal moet word om dit te aanvaar. Groot werk lê voor vir suksesvolle implementering.
Dit bring my by die Popular Democratic Movement (PDM) se uitsprake oor onderwys. Ek is nie 'n lid of simpatiseerder van die party nie, maar ek moet hulle gelyk gee.
Hoe is dit moontlik dat die ministerie soos klokslag elke aanvang van 'n nuwe skooljaar skielik besef hoe ernstig die tekorte aan klaskamerruimte en leerkragte is?
Die ergste is dat dit ministerie besluite wat bedoel is om meer klaskamerruimte te skep sonder omhaal van woorde omverwerp.
Die woordgebruik van die ministerie in sy verduideliking aan die gemeenskap dui nie net op onsekerhede nie, maar op 'n ernstige gebrek aan projeksies wat noodsaaklik is vir medium- en langtermynbeplanning.
Die uitdagings raak al hoe meer. Ons moet nou dink aan 'n omkeerstrategie wat sal werk.
Ons onderwysstelsel is op dwaalpaaie en dit is beslis nie besig om ons kinders voor te berei om hul plek as ekonomies aktiewe landsburgers in die volwasse lewe vol te staan nie.
(Insigte oor dubbelskofskole is uit my meesterstesis "The Implementation and Organization of the Multipleshift School System in Nambia", 2002, en ander artikels oor die onderwerp.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie