Onderwys
Covid-19: Lees en skryf vaardighede
Godfrey Kleinhans
’n Onderwyser in Suid-Afrika het nou onlangs, via Facebook, hulp gesoek om graad 4-, 5-, 6- en 7-leerlinge te leer lees en skryf. Hierdie hulpkreet is beslis ontstellend aangesien leerlinge reeds in hierdie grade in staat moet wees om te lees en te skryf. Hierdie vaardighede behoort hulle al in die grondleggingsfase aan te leer.
’n Ander onderwyser, ook ’n lid van die groep Teachers for Real Change in South Africa, doen aan die hand dat sy by die basiese riglyne vir die grondleggingsfase begin. Sy moet met klanke begin, gevolg deur woordbou en dan sinsbou om uiteindelik by die konstruksie van paragrawe te kom. Net daarna het nog ’n onderwyer om hulp gesoek. Die onderwyser wat hulp aanbied beklemtoon ook dat dit nie maklik is om die vaardighede aan leerlinge te leer wat reeds uit dié fase is nie. Baie keer hoor ek van ons onderwysers kl, dat leerlinge probleme het met basiese lees, skryf en wiskunde; goed wat in die grondleggingsfase geleer moet word. Ek kan ongelukkig nie help of konstruktiewe advies aanbied nie; daai opleiding het ek nie gehad nie.
Vir leerlinge om suksesvol verder in hul skoolloopbane te wees, is dit van kritieke belang dat die grondlegging in graad 1 effektief gedoen moet word. Daarvoor benodig mens natuurlik onder andere ’n opgeleide onderwyser, ’n toepaslike kurrikulum en ’n program met die minimum onderbrekings. Ek weet van baie skoolhoofde wat sorg dat opgeleide en ervare onderwysers in die junior primêre fase diens doen. Hierdie onderwyers dien dan as leiers/hoofde vir die fase.
Dit is jammer, maar dit is nie soos dit altyd gebeur nie. Soms word die belangrikheid van hierdie fase onderskat; dis nie altyd opgeleide en goedonderlegde onderwysers wat in die grondleggingsfase diens doen nie.
Maar, laat my kom by die ander vereiste: ’n deurlopende program met die minimum onderbrekings. Ek het in my besprekings van onderrigtydverlies daarop gewys dat die toegewysde tyd (soos deur die kurrikula bepaal) nooit ten volle benut word nie. ’n Skool is ’n "besige" instansie waar baie "dinge" gebeur wat bitter min te make het met onderrig en leer. Skole het oor die jare geleer om hiermee saam te leef. Baie skoolhoofde en onderwysers neem die inisiatief om op te maak vir hierdie verliese.
Covid-19 het, soos ek reeds vroeër in ander artikels gemeld het, ons met ’n hengse probleem gelaat. Naas die normale en aanvaarbare verlies aan onderrigtyd, het die probleem geweldig toegeneem. Skole is gedwing om hul deure vir lang periodes te sluit en die alternatiewe- skooldae model word gevolg om onderrig en leer binne die konteks van die Covid-19-voorskrifte moontlik te maak. Geweldig baie onderrig- en leertyd het gevolglik sedert die aanvang van die pandemie verlore gegaan. Die wiskundige sommetjies kan maar gemaak word, maar die Math (soos die Amerikaner geneig is om te sê) is maklik, dis nou belangriker om die impak te bepaal.
Belangrike vrae in hierdie verband is:
Hoe het leerlinge in die grondleggingsfase die basiese lees-, skryf- en wiskundige vaardighede aangeleer?Wie was hiervoor verantwoordelik tydens gedwonge sluitings?Wat het die skool gedoen om op te maak vir die verlies aan onderrig- en leertyd tydens die heropening?Watter "gewysigde" vereistes is gebruik om leerlinge na die volgende grade aan die einde van 2020 te promoveer; veral in die grondleggigsfase?Watter gebreke is in ten opsigte van 2020 uitgewys en hoe is skole met die regstellings gehelp?Covid-19 gaan nog ’n hele ruk met ons wees. Die kundiges praat alreeds van 'n vierde vlaag en verdere mutasies van die virus. Gerustheid gaan ons niks in die sak bring nie en ons sal sit met ’n groot gros funksionele ongeletterdes. Dit voorspel niks goeds vir ons arbeidsmark en tersiêre opleiding nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie