Onderwys
Skoolkostes skep twee onderwyswêrelde
Godrey Kleynhans - Baie ouers het na die amptelike aanvang van die akademiese jaar nog rondgeskarrel vir plek in skole vir hul kinders. Andere stap ernstig met lang lyste tussen winkelrakke op soek na die nodige skryfbehoftes en skooluniforms. Sommige ouers skakel in by radioprogramme op soek na tweede handse skooluniforms; die nuwes is peperduur. Te midde van alles word gratis onderwys bevraagteken en beskuldigings word lustig rondgeslinger. Dit is egter belangrik dat die verduideliking en artikulasie daarvan kristal helder moet wees en dat die boodskap die ouers moet bereik. Die ouers moet dit aanvaar of ten minste daarmee saam kan leef.
Wat egter vir my duidelik is, is dat die deelname van skoolouers in die bepaling van skoolbeleid onontbeerlik is; ‘n gebrek daaraan kan dinge lelik skeef laat loop. Alhoewel nie binne die demokratiese konteks nie, is die 1976 studente-opstande in ons buurland, ‘n sprekende voorbeeld van die disfunksie tussen owerheid en skoolgemeenskappe rakende onderwysbeleid. Die reaksie van die studente na die implementering van die beleid was nie teen Afrikaans as sulks nie, maar teen die verskuilde motiewe en die wyse waarop die implementering gehanteer is. Die gang van die binnelandse stryd teen apartheid is na 1976 grotendeels deur skoollleerlinge en studente bepaal.
Ek het met baie ouers al gepraat en dit lyk my nie of die meeste van hulle onwillig is om ‘n bydrae tot hul kinders se opvoeding te maak nie. Maar ek kry ook die indruk dat die verduideliking van die beleid en die implementering daarvan nog veel te kort skiet. Verder spreek dit nie juis die ongelykhede en armoede in hierdie land aan nie. Dit word van ouers verwag om te betaal vir skryfbehoeftes, skooluniforms en vervoer asook ‘n klompie ander kostes. Baie skole in die land vra ook van skole om vrywillige kontantbydraes te maak. Verlede week het ons kerk, uit ons barmhartigheidsfonds, ‘n ouma gehelp met die aankoop van skryfbehoeftes vir haar kleinkind wat nou tot graad nul toegelaat is. Die ouma is werkloos en die ma van die kind het nou eers werk gekry. Die skryfbehoefte-rekening vir die jaar beloop N430.24 en ons kon haar met meer as die helfte help. Hierdie skool skryf gelukkig nie skooluniform voor vir graad nul nie. Die skool het so ‘n lys van behoeftes vir elke graad.
‘n Ander skool op die dorp het ook so ‘n lys, plus ‘n vrywillige finansiële bydrae van N$150 per termyn. Hier word egter geen druk op ouers uitgeoefen nie en ouers hoef nie aansoek om kwytskelding te doen nie. Ouers word wel gemotiveer om hierdie bydrae te maak, wat die meerderheid wel doen. Ander skole op die dorp het min of meer dieselfde reëling.
‘n Skool in Windhoek het ‘n “vrywillige” bydrae van N$890.00 per maand vir tien maande in die jaar. Skoolouers moet ‘n onderneming gee dat hulle wel die geld sal betaal. Ouers wat sukkel om hierdie bydrae te maak, kan aansoek doen om vermindering van die fooi of algehele kwytskelding met opgaaf van redes. Inligting soos inkomste en aantal afhanklike kinders moet volledig in vorms aangedui word en aan die finansies komitee voorgelê word. Goedkeuring word deur die skoolraad verleen. Alle leerlinge moet ‘n sportfooi van N$50.00 per jaar betaal, terwyl leerlinge wat wel een of ander sport beoefen, ‘n verder N$350.00 moet betaal. Verder is daar reiskoste wanneer wedstryde buite Windhoek gespeel word terwyl ouers self die voorgeskrewe sportdrag moet aankoop. Leerlinge wat rekenaarstudies, fisika en chemie, doen word ook “verplig” tot ‘n verdere N$100.00 per jaar. Hierdie is ‘n staatskool!
Onderwys was baie elitisties en die skoolhekke het oopgegaan vir die wie kon betaal. Die wêreld het gratis basiese onderwys omarm om toelating te verbreed; om die minder bevoorregtigdes op die skoolbanke te kry. Ongelukkig is die beleid in baie lande op ‘n “fits one, fit all”-basis aangeneem; dit is aangeneem sonder inagneming van die sosio-ekonomiese realiteite. Ons is besig om enersyds ryk skole met volop geleenthede vir leerlinge te skep en andersyds arm skole wat met die basiese moet klaarkom.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie