Onderwyser in rassevoorval se lot môre beslis
'n Onderwyser by die Hillside Christian College is geskors ná sy glo rassistiese aanmerkings op Facebook gemaak het.
Leandrea Louw op Walvisbaai – Die onderwyser van die Hillside Christian College wat geskors is ná sy klaarblyklik rassistiese opmerkings op Facebook gemaak het, sal Vrydag voor 'n dissiplinêre komitee verskyn.
Me. Corien Steenkamp is 'n assistent-onderwyser vir graad 2's by dié skool.
Dit volg nadat Steenkamp op Facebook gesê het “die beskawing is nie vir swart mense gemaak nie en die Bybel is ook nie vir swart mense geskryf nie.
“Die wêreld weet dat Europa keelvol vir swart indringers is, Amerika is keelvol vir onbeskaafde indringers, dit is hoekom (pres.) Trump die muur bou.
“Laat dit insink in jou vrot en stink mond. Gaan terug bos toe en eet jou vrot kos, soos jou voorvaders,” het sy glo aan nog 'n gebruiker op sosiale media gesê.
Die opmerkings is gemaak by 'n plasing van 'n nuusberig oor die Zimbabwiese straatverkoper Hlaisanani Zhou wat gesterf het nadat hy deur vyf mans op Otjiwarongo aangerand is.
OP 'N AFSTAND
Mnr. Cornelius Jansen, Hillside se direkteur, sê hulle verwerp “in die geheel” Steenkamp se opmerkings op Facebook.
“Haar opmerkings het my met ontsteltenis vervul. As 'n skool veroordeel ons hierdie aanmerkings ten sterkste en ons distansieer ons van dié gedrag en houding.
“Die Bybel sê ons moet ons naaste liefhê soos onsself. Dit is wat ons doen en wat ons die kinders leer. Daar is nie tyd vir rassisme of om op ander oor hul velkleur neer te kyk nie.
“Ek neem sterk standpunt in teen rassisme – in enige vorm.”
Jansen sê Steenkamp se dissiplinêre verhoor sal Vrydag plaasvind.
“Haar kontrak stipuleer sy kan onmiddellik afgedank word indien sy die skool se aansien in oneer bring. Ons sal vandeesweek met ons regsverteenwoordigers vergader om haar afdanking te finaliseer.
“Dit moet wettig en ordelik gedoen word sodat daar nie enige verdere gevolge is nie.
“Die kommentaar op Facebook is geensins 'n aanduiding van hoe ons die skool bestuur nie. Hillside bestaan reeds 15 jaar en hierdie is die eerste voorval van sy soort.
“Rassisme is 'n reus wat tot 'n val gebring moet word,” het Jansen gesê.
DIEP BEROU
Me. Wilma de Sousa, Hillside se waarnemende skoolhoof, het gesê Steenkamp toon “diep berou” oor haar opmerkings op Facebook.
“Toe ons die kennisgewing vir haar dissiplinêre verhoor afgelewer het, het sy die skool om verskoning gevra.”
De Sousa sê Steenkamp sal ná haar verhoor 'n verklaring uitreik om die gemeenskap om verskoning te vra. Sy het glo ook aangedui sy sal haar by die beslissing van die dissiplinêre verhoor berus.
“Ek kan wel sê sy is nie so 'n tipe mens nie. Daar was nog nooit enige klagtes van kollegas of ouers nie. Sy het nog nooit enige rassistiese of neerhalende opmerkings gemaak terwyl sy by Hillside klasgee nie.
“Hillside betreur die voorval en vra verskoning vir die skade wat hierdeur in ons gemeenskap, land en die wêreld aangerig is.”
AKTIVIS
Mnr. Omar van Reenen, 'n Walvisbaai-gebore aktivis wat tans in New York studeer, het sy volgelinge op Facebook die afgelope naweek gemobiliseer om teen Steenkamp op te tree.
“Kontak die skool en dring aan dat sy ontslaan word en dat hulle 'n verklaring uitreik om haar rassistiese optrede te verwerp.
“Ons kan nie toesien dat ons studente by Hillside onderrig word terwyl hulle 'n openlike rassis in diens het nie.”
Van Reenen sê die jeug sal nie so 'n samelewing toelaat nie en moet ook nie bang wees om onreg deur ouer mense uit te wys nie. “Ons moet optree en geregtigheid eis,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie