Onderwysers: 31 seksoortredings in 5 jaar

Altesaam 14 onderwysers het volgens die onderwysministerie bedank voor hul ondersoeke of dissiplinêre verhore afgehandel was.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Altesaam 31 onderwysers is vanaf Januarie 2016 tot 16 Februarie vanjaar van seksuele oortredings teen leerlinge aangekla.

Volgens die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, is 29 van dié onderwysers manlik en twee vroulik.

Republikein het navraag by Steenkamp gedoen oor hoeveel onderwysers vir seksuele oortredings aangekla is ná verlede week se hofverskyning van ’n onderwyser van die Jan Möhr Sekondêre Skool, mnr. Nathanael Kamatuka (53).

Hy word daarvan aangekla dat hy twee leerlinge by dié Windhoekse skool verkrag het. Kamatuka het bedank voor hy in hegtenis geneem is.

Hy is nie die enigste onderwyser wat bedank het voor hul ondersoeke na seksuele oortredings afgehandel is nie. Steenkamp het Dinsdag gesê 14 onderwysers het tydens hul ondersoeke en dissiplinêre verhore bedank.

“Op lêer sal dan aangedui word dat so ’n onderwyser tydens sy of haar dissiplinêre verhoor bedank het. As die onderwyser wil terugkom, dan moet sy of haar lêer eers bestudeer word,” het Steenkamp verduidelik.

“Dit word geag as ’n ontslag uit die openbare diens. As ’n onderwyser bedank, is dit ’n outomatiese ontslag en dit is baie moeilik vir ’n onderwyser om dan terug [in die onderwysstelsel] te kom.”

Steenkamp sê nege onderwysers is afgedank nadat ondersoeke afgehandel is.

“Een is ’n vroulike onderwyser in die Suide wat ontslaan is, maar sy is besig om teen die ministerie se ondersoek en haar ontslag te appèlleer,” het Steenkamp gesê.

Me. Valery Bock, ’n voormalige onderwyseres van Hoërskool Suiderlig op Keetmanshoop staan tereg op vyf klagte van die ontvoering van ’n hoërskoolmeisie en twee van die oortreding van die wet op die bekamping van immorele praktyke. Haar saak duur steeds voort.

Volgens Steenkamp is een onderwyser se kontrak beëindig en drie onderwysers is ontslaan weens die tydsraamwerk of tegniese en/of administratiewe foute.

“Drie sake is nog hangend,” het die uitvoerende direkteur bevestig.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!