One Flew Over the Cuckoo's Nest eersdaags op die planke
Repetisies vir die tweede teaterfees van die Committed Artists of Namibia (Can) is tans aan die gang om vir die Amerikaanse teaterstuk One Flew Over the Cuckoo’s Nest deur Dale Wasserman voor te berei om dit in Augustus op die planke te bring.
Dit sal van 27 tot 29 Augustus in die Sekondêre Skool Eldorado se saal in Khomasdal as deel van die 36ste jaarlikse Can-teaterfees opgevoer word. Can fokus die afgelope twee jaar daarop om wêreldgehalte teaterstukke van al ses vastelande na Namibiese gehore te bring. Die groep het in Mei sy eerste Amerikaanse teaterstuk, Agnes of God, opgevoer.
One Flew Over the Cuckoo's Nest gaan oor die beproewings van manlike pasiënte in ? inrigting vir geestesversteurdes wat deur ? streng saalsuster en die staatsbeheerde instansie se reëls en regulasies beheer word.
Can se regisseur het die verhoogteks vir Namibiese gehore aangepas. Die nuwelingakteur David Campbell sal die rol van Randle McMurphy vertolk – die rol wat vir Jack Nicholson in die rolprentweergawe van die drama wêreldroem besorg het.
Kaartjies vir die vertonings kos N$100 en kan by die akteurs gekoop word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie