Ongava Lodge bly u2019n gunsteling
Ongava Lodge bly u2019n gunsteling

Ongava Lodge bly ’n gunsteling

Ongava Lodge is een van die inskrywings vir Namibia Media Holdings (NMH) se Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) vir 2018.

Die gevestigde lodge is deel van die hoogaangeskrewe, private Ongava-wildreservaat langs die suidelike grens van die Etosha Nasionale Park.

Dit pryk op ’n heuwel wat uitkyk op die vlaktes aan die voet van die Ondundozonanandana, asook ’n watergat wat gereeld deur wild besoek word. Alle eenhede is op houtdekke gebou wat min impak op die omgewing het.

Tydens ’n onlangse volhoubaarheidsevaluering van Eco Awards Namibia, het Ongava Lodge uitstekende punte in baie van die kriteria gekry - veral vir gidse en die bestuur van die lodge. Met dié evaluering het Ongava Lodge gekwalifiseer om vir die 2018 RTA-kompetisie in te skryf wat deur NMH aangebied word.

Finaliste vir toekennings sal op 26 Februarie aangekondig word en die wenners sal tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo 2018 aangewys word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!