Ongava se navorsingsentrum skuif
Dié spog private wildreservaat langs die Etosha Nasionale Park se nuwe navorsingsentrum gaan nou deel van toeriste se ervaring wees.
Francoise Steynberg op Ongava - Ons doen toerisme by Ongava Private Wildreservaat om vir natuurbewaring te betaal.
Dít is die mening van mnr. Stuart Crawford, die bedryfsdirekteur van dié spog private wildreservaat van 30 000 hektaar langs die Etosha Nasionale Park. Die natuur eerste is nie net Crawford se mening nie, maar die visie van die families wat Ongava in 1991 as ''n hawe vir groot en skaars wildbevolkings gestig het.
Ongava spog met ''n uitstekende, internasionaal erkende navorsingsentrum wat deur die bekende dr. Ken Stratford en sy vrou, Sabine, begin is. Die navorsingsentrum doen studies van ''n groot verskeidenheid fauna en flora en dit sluit in suksesvolle broeibevolkings van beide wit- en swartrenosters, asook die skaars swartgesig-impala buite die Etosha Nasionale Park. Ongava spog ook met ''n groot, vrylopende leeubevolking.
Volgens Crawford gaan ''n nuwe navorsing- en besoekersentrum volgende jaar by een van die vier akkommodasiegeriewe, Andersson''s Camp, gebou word.
Andersson''s Camp gaan ''n nuwe baadjie aantrek en ''n nuwe konsep word ontwikkel waar toeriste eerstehands gaan ervaar hoe natuurbewaring toegepas word.
Andersson''s Camp is waar die ou plaashuis was wat gerestoureer is en weerspieël ''n aardse voorkoms. Dit het 20 luukse tente en drie gidskamers met en suite storte en toilette, sê een van die bestuurders, mnr. Hendrick Gariseb.
Een van die aanloklikhede by Andersson''s Camp is ''n groot watergat waar troppe wild kom water suip. Langs die watergat is ''n skuiling wat gesog is onder fotograwe om foto''s van die verskeidenheid wild te neem.
"Dié kamp gaan nou bietjie kleiner gemaak word en meer eksklusief wees met akkommodasie vir 20 gaste in plaas van die huidige 40 gaste," het Crawford gesê.
"Dit gaan steeds ''n meer familie-geörienteerde kamp wees met ''n element van onderrig. Ons wil ons gaste meer van natuurbewaring leer, want hulle moet weet natuurbewaring en toerisme ondersteun mekaar," benadruk Crawford.
"Interaksie sal dan tussen toeriste en die navorsers plaasvind."
Die navorsingsentrum sal ook ideaal vir leerlinge en studente wees om te besoek.
"Dit sal ook post-gegradueerde studente van tersiêre instellings meer betrek en van hulle sal verwag word om ook interaksie met die gaste te hê," het Crawford gesê.
Volgens hom sal die opknappings by Andersson''s Camp in 2017 begin met die splinternuwe kamp wat in 2018 weer sy deure vir besoekers open.
Ongava Private Wildreservaat het vier verskillende tipes akkommodasiegeriewe naamlik Ongava Lodge, Little Ongava, Ongava Tented Camp en Andersson''s Camp, wat elk oor sy unieke styl, uitleg en atmosfeer beskik.
Aktiwiteite sluit in wildbesigtigingsritte na Etosha en in die private wildreservaat wat ''n wonderlike belewenis is, veral met die groot bevolkings renosters, leeus en
swartgesig-impalas. Staproetes met ''n gids kan ook onderneem word en dit is ''n paradys vir voëlkykers.
Ongava bied tydens Desember afslag aan vir Namibiërs en inwoners van SADC-lande. Vir verdere navrae, skakel 083 330 3920, e-pos [email protected] of besoek die webtuiste by www.ongava.com.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie