Ongava Tented Camp is ekovriendelik
Ongava Tented Camp is een van die inskrywings vir Namibia Media Holdings (NMH) se Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) vir 2018.
Die kamp is tussen mopaniebome genestel en is 'n natuurlike uitbreiding van 'n wilde, wonderlike landskap. Dit is in die hoogaangeskrewe Ongava-wildreservaat langs die suidelike deel van die Etosha Nasionale Park geleë. Dit kyk uit op 'n watergat met troppe wild wat daar kom drink. Die klassieke safaristyl kamp is in 'n vallei aan die voet van 'n dolomietheuwel weggesteek. Alle eenhede is op houtdekke gebou wat ’n lae impak op die omgewing het.
Tydens Eco Awards Namibia se onlangse volhoubaarheidsevaluering het Ongava Tented Camp goed gevaar. Die kamp het volpunte gekry vir gidse en energie, asook uitstekende punte vir bewaring en bestuur. Met dié evaluering het Ongava Tented Camp gekwalifiseer om vir die 2018 RTA-kompetisie in te skryf wat deur NMH aangebied word.
Finaliste vir toekennings sal op 26 Februarie aangekondig word en die wenners sal tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo 2018 aangewys word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie