Ongeluk eis 5 van familie

Die hoof van Namdock en haar suster wat by die Nasionale Beplanningskommissie werksaam was, het saam met drie kinders verongeluk.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Vir ’n bekende familie van die Zambezistreek het die mooi herinneringe aan hul samesyn in die feestyd gisteroggend aan skerwe gespat toe vyf van hul geliefdes in ’n ongeluk in die Bwabwata Nasionale Park in Kavango-Oos gesterf is.
Me. Heritha Nankole Muyoba (52) was saam met haar suster, Namangolwa (Chingo) Nzundamo (40), die 22-jarige me. Amy Manga Sepiso en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en 16 jaar op pad terug na Windhoek en Walvisbaai toe die ongeluk gebeur het.
Muyoba en Nzundamo, wat Maandag verjaar het en deur talle vriende op Facebook geluk gewens is, het saam met Masonke Muyoba Richard Klein (8), Kasiku Nekaro (12) en Twambo Chanda (16) gesterf.
Sepiso, wat die V8 Toyota Land Cruiser bestuur het, en die driejarige Nekaro Marus het die ongeluk oorleef, blyk dit uit ’n polisieverslag. Die ongeluk het gisteroggend omstreeks seweuur wes van Kongola naby Omega 3 plaasgevind.
NAMDOCK TREUR OOR HOOF
Die voertuig het van die pad gery en gerol nadat Sepiso vermoedelik beheer verloor het toe ’n band gebars het.
Muyoba was die waarnemende uitvoerende hoof van Namdock, droogdok en skeepswerf in die Walvisbaaise hawe en Nzundamo was volgens haar Facebook-profiel in diens van die Nasionale Beplanningskommissie in Windhoek.
’n Familievriend het gister aan Leandrea Louw van Republikein se Erongo-nuusspan gesê Muyoba het saam met haar suster en ’n kleinseun gesterf.
Dis nie bekend wat die verwantskap tussen hulle en die ander jongmense en kinders in die voertuig was nie. Volgens die vriend probeer die familie nog om die skoknuus te verwerk.
Mnr. Dries van Zyl, wat nou by Namdock as uitvoerende hoof waarneem, sê werknemers is gisteroggend van haar dood in kennis gestel en verwerk dit moeilik.
“Ons almal vat dit maar baie swaar; dit is nog onwerklik vir ons,” het hy gesê.
“Heritha sal met liefde onthou word vir haar nederigheid en besonderse en deernisvolle leierskapsvaardighede. Sy word geëer omdat sy ’n voorstander van gelykheid in die arbeidsmag was en dit reggekry het om as vrou ’n leierskaprol te vervul.
“Sy laat ’n nalatenskap agter wat vir altyd onthou, geag en gevier sal word,” het Namdock in ’n amptelik verklaring gesê.
[email protected]

FOTO’s
Die 52-jarige me. Heritha Nankole Muyoba, waarnemende uitvoerende hoof van Namdock. Foto Facebook
Die ongeluk waarin die twee susters en drie kinders tussen 8 en 16 jaar dood is, het gisteroggend tussen Kongola en Omega 3 in die Bwabwata nasionale park plaasgevind. Foto Verskaf
Me. Namangolwa Nzundamo, wat Maandag 40 geword het. Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2024-09-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como #N/A Currency: GBP to NAD 22.83 | EUR to NAD 19.08 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.1 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.19/OZ DOWN -0.0088 | Copper US$ 4.57/lb DOWN -0.0108 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.27/BBP UP +0.97% | Platinum US$ 1 003.37/OZ DOWN -0.004 #N/A