Ongeluk met gemsbok eis twee jong vroue
Ongeluk met gemsbok eis twee jong vroue

Ongeluk met gemsbok eis twee jong vroue

Francoise Steynberg
Twee jong vroue is vanoggend vroeg op die pad tussen Okakarara en Otjiwarongo in ‘n motorongeluk dood toe hul voertuig teen ‘n gemsbok gebots het.


Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie van die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, het die ongeluk omstreeks 01:00 sowat 49 km vanaf Okakarara gebeur en die voertuig het veskeie kere gerol.

“’n Vrou (21) het op die toneel gesterf en ‘n ander vrou wie se ouderdom onbekend is, het met haar aankoms by die Okakarara-staatshospitaal gesterf,” het Mbeha gesê.

Die twee oorledenes se naasbestaandes is van hul dood ingelig.

Volgens Mbeha was daar ses insittendes in die sedanvoertuig, die 23-jarige bestuurder ingesluit. Hulle het vanaf Otjiwarongo na Okakarara gereis.

Die bestuurder en nog drie manlike insittendes (almal in hul 20’s) is almal in verskillende hospitale op Otjiwarongo en Okakarara met ligte tot ernstige beserings opgeneem, het Mbeha gesê.

‘n Saak van strafbare mansslag is teen die bestuurder by die Otjiwarongo-polisiekantoor aanhangig gemaak. – Nampa

Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!