Ongeluk op westelike verbypad
Twee motors was gister net voor die middaguur in ’n kop-teen-kop-botsing op die westelike verbypad naby die Universiteit van Namibië (Unam) betrokke. Volgens ’n ooggetuie het ’n wit dubbelkajuitbakkie wat in ’n noordelike rigting gery het, sowat 500 meter van die Unam-afdraai van die pad af gery, sy flikkerlig aangeskakel en ’n U-draai voor een van die aankomende twee voertuie gemaak. Die bestuurder van die een voertuig het na die ander baan uitgeswaai en teen die ander voertuig gebots. “Die bestuurder van die bakkie het weggery nadat hy die ongeluk veroorsaak het,” het die ooggetuie gesê. Beide die bestuurders was alleen in hul voertuie en hulle is vir behandeling van hul beserings na ’n hospitaal geneem. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie