Ongelukke eis vyf lewens
Ongelukke eis vyf lewens

Ongelukke eis vyf lewens

Tanja Bause
Tanja Bause - Volgendes die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Kauna Shikwambi, is drie mense in ’n kop-teen-kop-botsing Vrydag op die Rehoboth-Kalkrand-hoofpad dood.
Na bewering het die bestuurder van ’n bakkie onderweg van Mariental ’n vragmotor verbygesteek het en teen ’n aankomende bakkie gebots. Die bestuurder van dié voertuig, mnr. Sarel Chariec Frey (45), en sy twee passasiers, Brandon Emil Frey (12) en ’n nog onbekende man, is op slag dood. Die bestuurder van die eerste bakkie en sy twee passasiers is met beserings in die hospitaal opgeneem.
Twee swanger vroue is dood nadat hulle Saterdag op die Ruacana-Outapi-pad in ’n ongeluk betrokke was. Twee bakkies het gebots het nadat die bestuurder van die een glo nie by die T-aansluiting gestop het nie. Die bestuurder van die een bakkie en een passasier is op slag dood. Hulle is as mee. Mbalundu Veronika (33) en Miriam Ndinelungi (28) geïdentifiseer. Hulle was onderskeidelik 9 maande en 6 maande swanger. Nog twee passasiers in daardie bakkie is met ernstige beserings in die Oshakati staatshospitaal opgeneem. Die bestuurder van die ander bakkie is ook in die hospitaal opgeneem.
Volgens Shikwambi was twee mense van die Okahandjapark-informele nedersetting in Windhoek Vrydagaand in ’n geveg betrokke. Die man het glo ’n mes gegryp om die vrou te steek, waarna sy glo ’n skêr gegryp het en hom uit noodweer in die bors gesteek. Beide is in die hospitaal opgeneem, waar mnr. Romeo Eichab (21) later aan sy wonde gesterf het. Die 21-jarige vrou is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.
In ’n vullisdrom langs die hoofpad tussen Tsumeb en Otavi het die bestuurder van ’n vragmotor lewendige ammunisie gevind. Dit bestaan uit 226 patrone vir ’n 5.55 mm-wapen, 78 vir ’n 7.62 mm-wapen, 14 vir ’n 2.22 mm-wapen, 13 vir ’n onbekende wapen, 37 patroondoppies en een magasyn vir ’n 2.2 mm-wapen. Die Namibiese polisie vra enigiemand met meer inligting oor die ammunisie om na vore te kom.
’n 27-jarige man is Vrydag in Katutura in hegtenis geneem nadat hy met 35 stukke kokaïen ter waarde van N$3 500, dagga en N$2 500 kontant gevang is. Volgens Shikwambi is die man tans op borgtog van N$1 500 vir ’n vorige klag en N$5 000 vir dwelmhandel uit.
Die gevangene wat hom Woensdag in die Katutura-staatshospitaal opgehang het, is deur die Namibiese polisie as die 37-jarige Bryan Rickerts geïdentifiseer. Hy was in die tering­saal onder toesig van korrektiewe dienste toe hy hom met ’n laken aan die diefwering opgehang het.
Rick­erts was besig om 40-jaar tronkstraf vir die moord in 2014 op mnr. Shaun Roderick Beukes op Rehoboth uit te dien.
Die liggaam van me. Veronika Nghifikepunye (64) is gister in haar sinkhuis in die Ohangwena yaAmon-woonbuurt gevind.
Haar huis het afgebrand terwyl sy binne geslaap het. Die polisie het ’n ondersoek van stapel gestuur om die oorsaak van die brand vas te stel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!