Ongelukke: Twee jong seuns doodgery
Misdaad
’n Vyfjarige seun is Vrydag omstreeks 17:30 raakgery toe hy die pad wou oorsteek en is op die toneel dood.
Die 49-jarige motorbestuurder het die kind op die B10-pad by die Okatope informele nedersetting tussen Onhuno en Eenhana raakgery.
Nog ’n elfjarige seuntjie is ook op Oshakati se hoofweg na Okandjengedi raakgery en is op die toneel oorlede. Die 34-jarige drywer was volgens die verslag onder die invloed van alkohol.
• ’n Man onder die invloed van drank het Vrydag op die Oshakati-hoofweg in ’n ander motor vasgery. Hy het ook nie ’n lisensie gehad nie en hy is volgens die polisie se verslag in hegtenis geneem.
• ’n Man is Saterdagaand op die toneel oorlede toe op die Ompundja-Eheke grondpad beheer oor sy motor verloor en omgeslaan het. Hy het een passasier in sy motor gehad en dié het net besering opgedoen en herstel in die hospitaal.
• ’n Motor met ’n drywer en sewe passasiers het Saterdagoggend op die D36-pad sowat 10 km voor Uis in die rigting van Omaruru gerol. Een persoon het op die toneel gesterf. Die ander sewe is ernstig beseer en word tans by die Staatshospitaal op Omaruru behandel. Die voertuig het volgens die misdaadverslag ’n meganiese fout ondervind en was glo ook nie padwaardig nie, terwyl die drywer ook sonder ’n geldige bestuurslisensie was.
• Twee karre het Saterdagmiddag op die Ondangwa-Oshikango hoofweg naby die Okadolopa informele nedersetting gebots. Albei drywers is tans in die hospitaal, een passasier is in kritiese toestand en ’n ander passasier, ’n 14-jarige meisie, is by die Onandjokwe hospitaal opgeneem en is in ’n stabiele kondisie.
(Foto ter illustrasie)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie