Ongelukkefonds bederf gestremdes

Die Padogelukkefonds ondersteun die rehabilitasie van Namibiërs wat op die land se paaie beseer is.
Augetto Graig
Augetto Graig - Namibië se Padongelukkefonds (MVAF) het Vrydag sy jaarlikse rolstoelpretloop by die Wanderers-sportklub in Windhoek gehou.

Sowat 70 begunstigdes van dié fonds en rolstoelgebruikers is genooi om die geleentheid by te woon.

Me. Enstella Kharuxas, wat in Desember 2010 in ’n motorongeluk was, was een van die begunstigdes wat die pretloop bygewoon het.

Sy is ’n kwadrupleeg en haar man versorg haar.

In 2016 het die fonds toegesien dat Kharuxas se huis aangepas word sodat sy makliker daarin kan rondbeweeg.

Nog ’n begunstigde is me. Theopoldine Kandjou, ’n klerk in NamWater se finansiële afdeling.

Haar ruggraat is in Mei 2013 tydens ’n motorongeluk beseer.

Die MVAF het ook die aanpassing van haar huis gefinansier, asook bestuurslesse ná die ongeluk.

Sy het in Desember 2013 werk toe teruggekeer.

Mnr. Tony Bock is 19 en ’n tweedejaar- regstudent aan die Universiteit van Namibië (Unam).

Sy ruggraat is in 2012 in ’n motorongeluk beseer, maar met die MVAF se hulp kon hy ten spyte daarvan met sy studies voortgaan.

Onder meer was ’n rolstoel-basketbalspel en ’n skouspelagtige vertoning op die Kerspartytjie-program.

Me. Rosalia Martins-Hausiku, hoofbestuurder van die fonds, sê ongelukstatistieke van 1 Januarie tot 4 November vanjaar dui aan botsings het in vergelyking met 2017 met 9% afgeneem, beserings met 18% en sterftes met 31%.

Die fonds beoog om ongelukke teen 2020 met 50% te laat afneem, sê sy.

Dít sal moontlik wees as elke Namibiese padgebruiker verantwoordelikheid vir padveiligheid neem, het sy gesê.

“Elke jaar bring die fonds ernstig beseerde begunstigdes van oraloor die land bymekaar om gesellig te verkeer en hul lewenslesse met mekaar te deel vir die verbetering van hul omstandighede.

“Dit word op ’n ontspanne, prettige en stimulerende manier gedoen,” sê sy.

Met begunstigdes van die Khomas-, Omaheke- en Otjozondjupastreek teenwoordig het sy gesê die fonds is bewus van die maatskaplike en ekonomiese swaarkry wat met enige gestremdheid gepaard gaan.

“Ons kyk soms die vermoëns en potensiaal van gestremde mense mis,” sê sy.

Dit is hoekom vanjaar se tema “Don’t diss my ability” is, wat Namibiërs aanmoedig om gestremdes te respekteer.

In die toespraak wat die adjunkminister vir gestremdes in die presidensie, me. Alexia Manombe-Ncube, gelewer het, sê sy die MVAF ondersteun ook verskeie instansies wat gestremdes verteenwoordig.

Dit sluit in Disability Sport Namibia, die Onyose-trust en die Dagbreek Skool.

Die fonds ondersteun ook die rehabilitasie van ongelukslagoffers, sê Martins-Hausiku.

In die laaste vyf jaar het die MVAF 1 651 motorongelukbeseerdes uit 2 076 help rehabiliteer.

MVAF-statistiek toon ook dat 952 van hul begunstigdes na hul gemeenskappe teruggekeer het, 499 is terug werk toe en 200 terug skool toe, terwyl 99 se huise aangepas is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!