Ongelukkige werkers kla oor NIPDB-optrede
Voormalige NIC-werknemers het die president om hulp gevra.
Augetto Graig – Die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB) se hoof uitvoerende beampte, me. Nangula Uaandja, moet help met voormalige werknemers van Namibia Investment Centre (NIC) wat na die raad verskuif en voel hulle word onregverdig behandel.
Die werknemers het direk na president Hage Geingob se kantoor oor hul klagte geskryf. Die kwessie is verwys na die eerste minister me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, wat toe aan Uaandja geskryf het om vir hulp te vra.
Die eerste minister skryf in haar brief van 6 September: “Ek wil vra dat terugvoering aan my kantoor verskaf word oor die kwessies genoem in die brief van die voormalige NIC-werknemers. Ek het die sekretaris van die kabinet en die uitvoerende direkteur van die kantoor van die eerste minister gevra om in die opsig met jou te kommunikeer.”
Die voormalige NIC-werknemers se griefskrif verklaar dat die werklike situasie by NIPDB nie is soos aanvanklik onderhandel is nie. Bestuursposte sou glo eers intern geadverteer word en NIC-werkers sou nie proeftydperke moes deurmaak nie, sê die werknemers. Volgens hulle het die teenoorgestelde gebeur.
“Dit was 'n verrassing toe van ons kontrakte ontvang het en daar staan ses maande proeftydperke ingevoeg,” lees die griefskrif.
'AANGESTEL SONDER ONDERHOUD'
Hulle bevraagteken hoekom die kortlysproses uitgekontrakteer is terwyl menslike hulpbronbestuurders vir NIPDB werk; hoekom sekere werknemers sonder onderhoude aangestel is, en hoekom finale aanwysings nie gedoen is volgens die geloofsbriewe waar poste wel geadverteer was nie.
Hulle beweer stelselmatige diskriminasie en nepotisme asook negatiewe kommentaar vanaf Uaanja, wat volgens hulle meen alle staatsbeamptes is onbevoeg.
“Hierdie onregverdige behandeling is demoraliserend en ons voel ongewens, gemarginaliseer en erg oor die hoof gesien by NIPDB,” skryf hulle. Hulle eis dat iemand anders as NIPDB alle aanstellings moet hersien en dat salarisse en voordele openbaar gemaak moet word.
Vrae wat Republikein aan Uaandja gestuur het, is nog nie beantwoord nie, maar die NIPDB se uitvoerende raadslid vir strategie en handelsmerk, me. Margareth Gustavo, het ontvangs van die vrae bevestig en gesê antwoorde kan teen die einde van vandeesweek verwag word.
Republikein wou onder meer weet hoeveel werknemers vanaf NIC verskuif is, die grootte van NIPDB se werksmag en die spesifieke verantwoordelikhede wat NIPDB vanaf NIC oorneem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie