Ongelukslagoffer verdink van moord op meisie, dogter
Die Otjozondjupa-polisie verbind die Zimbabwiese man wat Dinsdag in ’n trompopbotsing dood is met die moord op ’n ma en kind wie se liggame ’n paar kilometer daarvandaan op dieselfde pad gevind is.
Ester Kamati op Otjiwarongo – Die 50-jarige oorledene in ’n trompopbotsing wat gisteroggend as mnr. Bright Ndera geïdentifiseer is, het vermoedelik gevlug ná die moord op ’n 32-jarige ma en ’n sewe maande oue baba.
Die liggame van ’n Zimbabwiese burger, me. Clodin Mutsvairo (32), en haar sewe maande oue babadogtertjie, Mercy Hope Ndera, is Dinsdagoggend sowat 3 km vanaf Otjiwarongo langs die B1-hoofweg na Okahandja ontdek – dieselfde pad waar die ongeluk Dinsdag enkele minute ná middernag plaasgevind het.
Volgens bronne is die liggame van die ma en dogter omstreeks 08:00 deur iemand ontdek wat na sampioene gaan soek het, maar hy het nie ’n selfoon gehad om die gru-vonds aan die polisie te rapporteer nie. Daarna het die eienaar van ’n plaas wat na sy verlore beeste in die omgewing gesoek het, ook op die liggame afgekom en die polisie ingelig.
Ondersoeke dui aan dat die ma en kind albei vermoor is, aangesien hul liggame in ’n poel bloed gevind is met ’n sigbare kopwond.
Volgens die polisieverslag is die baba vermoedelik ook oor die kop geslaan. Die oorledenes is gisteroggend geïdentifiseer en hul naastebestaandes is ingelig.
Die polisie het bevestig Ndera en Mutsvairo was in ’n verhouding en Mercy hul dogter. Volgens ’n voorlopige polisieondersoek word vermoed Ndera was haastig om saam met ’n 40-jarige Zimbabwiese vrou te vlug nadat hy die ma en kind vermoor het, maar die botsing met ’n koerantafleweringsvragmotor sowat 18 km suid van Otjiwarongo het sy lewe geëis.
Die polisie kon nie bevestig of die 40-jarige vrou – wat Ndera se meisie was – bewus was van die beweerde moord op Ndera se ander meisie nie, maar volgens die polisie het die twee vrouens van mekaar geweet.
Die 40-jarige vrou is besig om in die hospitaal aan te sterk en die polisieonderosek in beide sake duur voort.
Ndera het vir ’n geruime tyd in Namibië gebly. Volgens sy broer kon hy dalk in 2012 Namibië toe getrek het. Hy was werkloos en het besems en moppe vir ’n lewe verkoop.
“Hy was ’n saggeaarde man, maar sy gedrag was nie goed nie. Hy het altyd met die dames baklei,” het sy broer gesê.
Die broer het bevestig dat Ndera net een kind, Mercy, gehad het en dat hy in ’n romantiese verhouding met die kind se ma was.
Bronne het ook aangedui die oorledene het verskeie kwessies gehad waartydens die polisie soms moes ingryp.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie