Ongelukslagoffers geu00efdentifiseer
Ongelukslagoffers geu00efdentifiseer

Ongelukslagoffers geïdentifiseer

Ná twee verskillende gru-ongelukke verlede jaar tussen Otavi en Otjiwarongo, moes forensiese toetse gedoen word om die identiteit van die slagoffers te bepaal.
Die name van die oorledenes van twee verskillende ongelukke verlede jaar tussen Otavi en Otjiwarongo is deur die Namibiese polisie bekend gemaak.

Volgens 'n polisiewoordvoerder, hoofinsp. Kauna Shikwambi het die een ongeluk op 10 Augustus 2018 gebeur en die ander een op 7 November 2018 waartydens slagoffers onherkenbaar verbrand is.

"Die slagoffers se liggame is na die Windhoekse polisielykshuis geneem waartydens DNS-monsters geneem is wat na die Nasionale Forensiese Wetenskap vir analise en identifiseringsdoeleindes gestuur is," het Shikwambi gesê.

Die oorledenes van die ongeluk op 10 Augustus is:

1. Guxas, Theresia (40);

2. Haufiku, Zoey Iyaloo (6);

3. Makinge, Star Nolitha (4);

4. Makinge, Marianne (67);

5. Makinge, Lazarus (69); en

6. Musikarakuma, Markus (41).

Die ooreledenes van die ongeluk op 7 November is:

1. Andreas, Magneen (63);

2. Efraim, Julia (52);

3. Kaukungwa, Saara Ndapandula (1);

4. Malunu, Krista, Kavelishimwe (46);

5. Martin, Helalia Mwayolange (49);

6. Mweenda, Rauna Tulela (20); en

7. Ulitala, Wilhelm Hishitelwa (54).

"Die Namibiese polisie vra verskoning vir enige ongerief wat die lang proses mag veroorsaak het. Ons betoon ook ons innige simpatie en medelye aan die naasbestaandes," het Shikwambi in 'n mediaverklaring gesê.

"Reëlings is getref om die liggame na die verskeie streke te vervoer."

Vir enige verdere navrae, kontak hoofinspekteur Shatipamba by (061) 209 4307 of 081 273 5188.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!