Ongelukslagoffers pas getroud
Tanja Bause - Skaars ’n week gelede het mnr. Sebastian Erastus (47), die bestuurder van die bakkie wat in Dinsdag se ongeluk tussen Otjiwarongo en Kalkfeld dood is, met me. Magano Lukeniko (35) in die paadjie afgestap.
Lukeniko en mnr. Vaino Koiti (28) is ernstig in die ongeluk beseer.
Erastus se 10-jarige seun, Gabriel Erastus, het ook in die ongeluk gesterf, asook ’n 49-jarige vrou wie se familie nog nie van haar sterfte in kennis gestel is nie.
Die ongeluk het omstreeks 13:30 sowat 38 km buite Otjiwarongo plaasgevind toe die bestuurder vermoedelik weens ’n sterk wind beheer oor sy bakkie verloor het en van ’n brug afgestort het.
Hulle was ten tyde van die ongeluk van die Noorde af op pad kus toe.
Woensdag om 03:00 het die bestuurder van ’n sedanvoertuig 30 km voor Tsumeb op die hoofpad tussen Grootfontein en Tsumeb beheer daaroor verloor nadat ’n band gebars het en die voertuig omgeslaan het.
Volgens adj.komm. Naomi Katjiua van die Namibiese polisie het twee mense in die ongeluk gesterf en twee is met beserings in die hospitaal opgeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie