Ongeluksoggend in die hoofstad
Ongeluksoggend in die hoofstad

Ongeluksoggend in die hoofstad

Geen sterftes aangemeld
Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee



Twee ongelukke op van die hoofstad se besigste paaie het gisteroggend tot verskeie be­serings gelei.

'n Minibustaxi met 15 studente in is deur 'n sedanvoertuig getref nadat die taxi 'n onwettige regsdraai na die westelike verbypad gemaak het.

Die sedan was in 'n noordelike rigting op pad en het die taxi getref toe dit die pad wou oorsteek om in 'n suidelike rigting te ry.

'n Student is beseer en na die Katutura-­staatshospitaal geneem. Die res van die studente is ook vir beserings ondersoek. Albei bestuurders het ernstige beserings opgedoen, maar die passasier en baba in die sedan is nie beseer nie.

Die tweede ongeluk het plaasgevind waar Robert Mugabeweg en Etnastraat kruis.

'n Passasiersvoertuig van 'n sekuriteitsmaatskappy en 'n afleweringsvoertuig van 'n apteek was in dié botsing betrokke. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Paramedici het een werknemer van die sekuriteitsmaatskappy hospitaal toe geneem en die ligte beserings van die ander voertuig se drywer is op die toneel behandel.

Konst. Edmund Khoaseb, polisiewoordvoerder, het gesê baie bestuurders op ons paaie neem ander nie in ag nie.

“Baie padgebruikers is onbedagsaam, maar daar is planne om nuwe maatreëls soos spoedbeperkings op die westelike verbypad te implementeer om ongelukke te verminder,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!