Ongha, Okatana slaan laaste bresse
Skolesokker
Die laaste twee sokkerwedstryde van die 2018 FNB Classic Clashes-reeks is verlede naweek in die noorde van die land in Ongha en Okatana afgehandel, wat die finale gordyn oor vanjaar se ontmoetings tussen skole laat sak het.
Die Sekondêre Skool Ongha en SS Nehale het vir oulaas slaags geraak, waar Ongha die wenner met 2-1 was terwyl SS Okatana vir SS Haudano met 3-1 geklop het.
Wolfgang Mwatilefu, kaptein van SS Ongha, wat as speler van die kragmeting aangewys is, het die botsing geniet.
“My span het uitstekend vertoon en ons het goed gespeel. Ek voel die uitslag was regverdig,” het die kaptein gesê.
Theodore Shivute, kaptein van SS Okatana en speler van die wedstryd teen Okatana, was bly om as die beste speler aangewys te word.
“Ek het geweet dat ons nie die kragmeting gaan verloor nie. Dit was ’n goeie vertoning en ons spangees was die beste,” was Shivute se kommentaar.
Die AquaSplash-helde van die dag is Oleto Maano Shikomba van SS Ongha en Shaanty Paulus van SS Okatana.
FNB Namibia en AquaSplash sal met hul borgskappe in die toekoms voortgaan, want hul bydrae moedig potensiële jong sterre aan om sokker, rugby en netbal te speel. Elke jaar wanneer die FNB Classic Clashes-reeks aanbreek is die leerders opgewonde en gretig vir aksie in die drie groot plaaslike wintersporte.
Gordon Pokolo, borgskapbestuurder van FNB, het die skole en deelnemers asook organiseerders vir ’n suksesvolle reeks bedank.
“Die FNB Classic Clashes-reeks het nou ten einde geloop. Ons het opnuut wonderlike sportmangees van goeie spanne en uitsonderlike ondersteuners beleef. Dit was ’n suksesvolle kompetisie en ons is trots op dit wat op en van die sportveld bereik is en ook die gemeenskappe insluit. Baie geluk aan elkeen vir jul bydrae tot die reeks se sukses,” het Pokolo gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie