Ongos Valley stoomroller deur pandemie
'n Reuse-ontwikkeling wil 'n nuwe benadering tot behuising aan die hoofstad se noordwestelike gebiede bied.
Augetto Graig
Bedrywighede aan 'n reuse- behuisingsprojek in die Ongos-vallei van Windhoek duur voort ten spyte van die uitbreking van Covid-19 in Namibië en die daaropvolgende inperkingsmaatreëls.
Die maatskappy Ongos Valley se woordvoerder, mnr. Abed Erastus, sê: “Ons was gelukkig om as 'n noodsaaklike diens tydens die inperking te klassifiseer en kon met sekere bedrywighede voortgaan.
“Nietemin het die nasionale inperking 'n impak op die projek gehad,” voeg hy by.
Die bou van infrastruktuur vir die verskaffing van massa-dienste is nie gedurende fase 1 van die inperking gestaak nie, maar “sekere gespesialiseerde toerusting vir ons watersuiweringsaanleg moet van die buiteland ingevoer word en die wêreldwye pandemie het afleweringstye beïnvloed,” sê hy.
Selfs soos omstandighede tans is, verwag die ontwikkelaars steeds die eerste inwoners sal teen November vanjaar in hul huise kan intrek.
“Dit hang egter af hoe die Covid-19-pandemie in Namibië en Suid Afrika verder gaan ontwikkel,” voeg hy by.
“Ongos Valley sal verseker alle werksaamhede voldoen aan die noodtoestandregulasies. Ons verskaf gesigmaskers en handreinigers aan al ons werknemers en verwag van ons kontrakteurs om dieselfde te doen,” sê hy.
Die Ongos-projek beoog om 28 000 huise oor die volgende 15 tot 20 jaar te bou. Die eerste fase is in Augustus 2019 geloods en in die volgende vyf jaar moet 4 500 huise op die plaaslike mark beskikbaar wees.
HUUR OM TE KOOP
Die reuse-ontwikkeling wil 'n nuwe benadering tot behuising aan die hoofstad se noordwestelike gebiede bied. Die projek moet amper soos 'n dorp op sy eie wees met tradisionele nedersettings en informele verblyf.
Die ontwikkelaars wil 'n huur om-te-koop-model volg om huise meer bekostigbaar te maak. Dié benadering laat huiseienaars wat vir die eerste keer koop toe om 'n deel van hul huurgeld as huispaaiemente te gebruik.
Die nuwe eienaar trek al op jaar 1 in en moet vir vyf jaar die huurgeld betaal.
In jaar 5 word die huis op sy naam oorgedra teen dieselfde prys as wat in die eerste jaar vasgestel is.
Volgens Ongos Valley is 'n deposito gelykstaande aan vier maande se huur betaalbaar en bouwerk begin eers ná 'n aansoek goedgekeur is. Die eerste betaling word eers verwag wanneer die huis bewoon word.
Onderverhuring word nie toegelaat nie, maar 'n huis kan gesamentlik gekoop word, sê die ontwikkelaars.
Voordele van die tipe finansiering is die prys bly vir vyf jaar konstant, die moontlikheid van onmiddellike besetting van die huis en die bydra van 'n deel van die huurbedrag tot die koopprys. Ongos bied ook finansiële geletterdheidsopleiding aan om kliënte die implikasies van huiskoop te verduidelik.
Volgens Erastus is die aanvraag vir Ongos-huise steeds “baie positief”.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie