Ongwediva lê klem op munisipale dienste
'n Noordedorp se dorpsraad fokus op gehalte- munisipale dienste en volhoubare plaaslike ekonomiese ontwikkeling.
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Die dorpsraad van Ongwediva het in minder as twee maande nog 'n bod vir 'n rioolnetwerk in Sky Phase 1 aan Omatando Construction cc toegeken.
Die projek wat tans in sy eerste fase is, se koste word op N$5,7 miljoen beraam en sal 306 erwe beslaan, insluitend 'n pompstasie wat in die nabye toekoms die informele nedersetting Sky Phase 2 – met 'n kapasiteit van 276 erwe – sal bedien.
Die projek sal vir 'n tydperk van nege maande, vanaf Julie 2021 tot April 2022, duur.
Die munisipaliteit het ook in Mei vanjaar 'n rioolnetwerk aan die inwoners van Extention 15 (310 erwe) verskaf. Hierdie projek sal na verwagting teen November voltooi word.
Volgens die burgemeester, mnr. Talah Shalyefu, is dié projek aan Larissa Investment cc vir 'n bedrag van N$8,2 miljoen toegeken.
Shalyefu het gesê die projekte spruit uit konsultasies tussen die inwoners van Extention 15 en die dorpsraad die afgelope jaar.
Die openbare raadpleging deur die raad het volgens die woordvoerder van die munisipaliteit, mnr. Jackson Muma, ook die voorsiening van 'n rioolnetwerk in Sky Phase 1 vooropgestel as deel van hul doelwit om sanitasie in die dorp te verbeter.
“Rioolvoorsiening is een van die raad se prioriteite. Ander prioriteite sluit in grondlewering en die voorsiening van water en elektrisiteit aan inwoners. Hul fokus dus op die visie van die dorp om 'n toonaangewende stedelike sentrum in Namibië te wees wat gebou is op gehalte- munisipale dienste en die bevordering van volhoubare plaaslike ekonomiese ontwikkeling,” het hy gesê.
Muma het inwoners van Sky Phase 1 versoek om vir die duur van die projek die kontrakteurs te ondersteun en saam met hulle te werk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie