Onix Business Solutions (Pty) Ltd
Die wêreld van digitale strategieë
Onix Business Solutions, ’n toonaangewende maatskappy vir digitale- en kuberveiligheidsoplossings en die oudste Hewlett Packard Enterprise (HPE) Platinumvennoot in Namibië, het op 28 en 29 Oktober ’n suksesvolle tweedaglange geleentheid by die Am Weinberg-konferensiesentrum in Windhoek aangebied.
Die Onix-groep voorsien reeds vir meer as 20 jaar suksesvol oplossings aan Namibië en ander lande in dié geweste.
As deel van die strategie om kliëntediens op ’n holistiese manier te benader, het Onix die Digital Strategy-geleentheid van stapel gestuur. Die geleentheid is onder die tema “The World of Digital Strategy” aangebied.
Die byeenkoms was beslis ’n hoogtepunt in Namibië se sakedagboek waar verskeie sleutelbelanghebbendes in alle bedrywe – insluitend digitale sakebedrywe – vergader het om die agenda vir die herdefiniëring van die wêreld van digitale strategieë te bepaal.
Verskeie hoëprofielsprekers het die geleentheid bygewoon – insluitend die president van Bank of Namibia, mnr. Johannes !Gawaxab wat wat die hooftoespraak gelewer het; die visepresident van Hewlett Packard Enterprise Global en die dryfveer agter die Cloud28+-inisiatief, mnr. Xavier Poisson Gouyou Beauchamps.
Die uitvoerende hoof van Pfortner, mnr. Aubrey Swanepoel; mnr. Nithen Naidoo, die uitvoerende hoof van Snode, en die hoofbedryfsbeampte van Snode, mnr. Dwain Muller, was ook teenwoordig. Die kantoor van die ouditeur-generaal is deur die adjunkdirekteur van inligtingstelseloudit, mnr. Michael Rivas, verteenwoordig.
Onderwerpe by die geleentheid bespreek is, sluit in die rol van die sentrale bank in die digitale ekonomie en die vereistes wat nodig is om te verseker die lae- en medium-inkomstegroepe word by die digitale ekonomie ingesluit; Smart Africa en hoe ’n kombinasie van rekenaarstelselhulpbronne (Hybrid Cloud) die digitale ekonomie kan laat groei, asook die huidige bedreigingstendense in kuberveiligheid en die risiko vir Namibië se digitale ekonomie.
!Gawaxab het in sy hoofrede opgemerk die groeivlakke wat die inligting- en kommunikasiesektor in 2020 bereik het, was naby aan 16% - in teenstelling met die algehele ekonomie wat met 8,5% gekrimp het.
Hy het verder gesê die sentrale bank speel ’n noodsaaklike aandrywende rol in die bevordering van ’n digitale ekonomie en dat tegnologie die hefboom kan wees wat gebruik word om die Covid-19-pandemie agter te laat, sowel as om die negatiewe gevolge op onderrig en ontwrigte klasse te verlig.
Die besturende direkteur van Onix, me. Mildy Samaria, het die geleentheid beskryf as ’n suksesvolle wegspringpunt om die ruimte van digitale besigheid te herdefinieer en sleutelvennootskappe te konsolideer.
Die geleentheid is deur Hewlett-Packard Enterprise (Platinum), Snode Technologies (Goud) en Pfortner (Goud) geborg.
Dié platform is uit verskillende oorde verwelkom en verskeie deelnemers het gesê die geleentheid het nie net ’n nuwe blik gebied op die onderwerpe ter sprake nie, maar ook op die rol wat diensverskaffers vervul wanneer dit by digitale strategieë kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie