Onkoloog in hof oor ivoor
Dr. Tommy van Wyk, wat in 2018 mediese geskiedenis in Namibië gemaak het, se hofverskyning gister het skokgolwe deur die land gestuur.
Francoise Steynberg - Die bekende Windhoekse onkoloog, dr. Thomas (Tommy) John Brown van Wyk (44), is gister op borgtog van N$50 000 vrygelaat nadat drie olifanttande Saterdag glo in sy besit gevind is.
Hy het gister sy eerste verskyning in die Windhoekse landdroshof op 'n klag van die oortreding van die onwettige besit van beheerde wildprodukte voor landdros Mwilima Mwilima verskyn.
Volgens die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, is die horings Saterdag omstreeks 13:00 by Auasview, ’n luukse leefstyllandgoed suid van die hoofstad, deur die polisie ontdek nadat Van Wyk se huis deursoek is.
Kanguatjivi het bevestig die ivoor is nie ornamenteel van aard nie, maar is wel rou olifanttande.
"Van Wyk het homself Maandag saam met sy prokureurs aan die polisie oorhandig," het hy aan Republikein gesê.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het gesê 'n wenk is van die publiek ontvang, waarná die polisie 'n intelligensie-geleide ondersoek opgevolg het en Van Wyk se huis deursoek het.
Volgens die staatsaanklaer, me. Sylvia Kauluma, het Van Wyk 'n ooreenkoms met die staat aangegaan om borgtog van N$50 000 te betaal, Maandae en Vrydae tussen 08:00 en 17:00 by die polisiekantoor aan te meld, sy paspoort in te handig, en nie die Windhoek-distrik sonder die toestemming van die ondersoekbeampte te verlaat nie.
"Die waarde van die olifanttande is nog onbekend, want die polisieondersoek duur nog voort," het sy gesê.
Mnr. Evert Gouws het bevestig hy verteenwoordig die beskuldigde.
Die landdros het die saak tot 27 Maart vir verdere polisieondersoek uitgestel en Van Wyk se borgtogvoorwaardes aan hom gestel.
MEDIESE GESKIEDENIS
Van Wyk is 'n geliefde onkoloog by die Namibië Onkologiesentrum in die hoofstad. Hy het mediese geskiedenis gemaak toe hy die eerste stamseloorplanting in Julie 2018 in Namibië gedoen het. Hy besit die enigste laboratorium in Afrika, wat deel van die stamselrevolusie is en het sy opleiding in Amerika ontvang.
'n Leser het 'n boodskap aan Republikein gestuur: "Dr. Tommy van Wyk is 'n ywerige kampeerder en het moontlik die tande opgetel en nie weer twee keer daaroor gedink nie. Wat van die tande met 'n hoër waarde wat deur die Chinese gestroop word, en dikwels is offisiere met hoë range agter alles? Verkragters kry borgtog! Dr. Van Wyk is 'n wonderlike onkoloog wat omgee."
Boetie Bezuidenhout skryf op Republikein se Facebookblad: "Ek gee nie om nie, want hy het ons Ann en myself op sy hande gedra. Sterkte Tommy, jy's 'n ware heer in jou werk."
Patricia Mitchelle beaam Van Wyk is 'n wonderlike dokter en mens.
"Die wonderwerke wat hy in mense se lewens gedoen het, is fantasties. Ons wag almal in spanning om te hoor presies wat die storie is en ek vir een hoop dit is 'n tusk van 'n 100 jaar gelede wat hy geërf het. Hoop so."
Sandra Coetzee Steenkamp vra: "Weet julle hoeveel olifanttande nog in baie ouerhuise is? Vir jare was dit nie onwettig om te besit nie, so mense steek dit sekerlik ver weg".

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie