Onluste in Iran eis nog 9 lewens
Die dodetal in Iran styg steeds met betogings wat Donderdag uitgebreek het en steeds voortduur.
Nege mense is Maandagnag in onluste in die Isfahan-streek van sentraal-Iran dood, het die staatsuitsaaier gister berig.
Ses betogers is in skermutselinge met die veiligheidsmagte dood toe hulle probeer het om 'n polisiestasie op die dorp Qahderijan, met 'n bevolking van ongeveer 30 000 mense, te bestorm.
'n Lid van die Rewolusionêre Wagte en 'n omstander is naby Kahriz Sangin in die omgewing van die kulturele sentrum van die Isfahan-streek dood.
Ongeveer 100 mense is oornag in dieselfde streek in hegtenis geneem, het die staatsmedia berig.
Volgens vroeëre berigte is 'n polisieman en drie ander in Najafabad dood nadat hulle met 'n jaggeweer geskiet is.
Dit bring die geskatte dodetal op minstens 21 sedert onluste wat met betogings verbind word, verlede Donderdag in Iran se tweede grootste stad, Mashhad, uitgebreek en dit vinnig landswyd versprei het.
Die onluste het uitgebreek oor Iran se swak ekonomie en 'n skerp styging in kospryse. Dit is meestal tot provinsiale dorpe en stede beperk, maar sporadiese betogings het Maandagnag ook in Teheran uitgebreek. Van die betogers het slagspreuke teen die regering en die opperleier, Ajatolla Ali Khamenei, geskree.
President Hassan Rouhani het die openbare woede oor die Islamitiese Republiek se swak ekonomie erken, maar hy het ook gewaarsku dat die regering nie sou huiwer om op te tree teen diegene wat daarvan verdink word dat hulle die wette oortree nie.
Die hoof van die regsbank, Ajatolla Sadegh Larijani, was dit met hom eens en het die owerhede aangemoedig om betogers te konfronteer. “Ek eis dat staatsaanklaers oral oor die land betrokke raak en dat hul benadering sterk moet wees,” het hy gesê. – Nampa/AFP/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie