Onlustepolisie patrolleer Zimbabwiese stede
Onlustepolisie patrolleer Zimbabwiese stede

Onlustepolisie patrolleer Zimbabwiese stede

Protesleier bly in aanhouding
Estelle de Bruyn
Organiseerders van onlangse betogings in Zimbabwe het gister as ’n dag beplan waarop alle ondernemings gesluit sou wees, maar winkels en kantore was wel oop.
Vragmotors met onlustepolisie gelaai was aan diens en die verkeer was vir die tweede agtereenvolgende dag lig in Bulawayo, waar teenregeringsbetogings vir later die dag beplan is.
“Min mense het hul ware op die sypaadjies verkoop en min sake is gedoen,” het Zivanai Muzorodzi, ’n aktivis van ’n burgerlike samelewing-groep in die suidoostelike dorp Masvingo gesê.
“Ek dink daar is vrees onder die mense en hulle voel veiliger om die situasie van ’n afstand dop te hou.”
Saterdag het Mugabe onderneem om ’n einde aan die betogings te maak wat die afgelope maande aan die orde van die dag was terwyl Zimbabwe se ekonomiese krisis vererger het en die regering gesukkel het om staatsamp­tenare en die weermag se salarisse te betaal.
Verlede week het die polisie minstens 70 mense in hegtenis geneem, insluitende Promise Mkwananzi, die leier van die Tajamuka-protesveldtog, toe straatbetogings in Harare gehou is om hervormings voor die 2018-­verkiesings te eis.
Mugabe (92), wat sedert 1980 aan bewind is, het reeds aangedui dat hy weer as presidentskandidaat sal staan.
Hy het voorheen enige dislojaliteit teenoor sy outoritêre bewind onderdruk. Bespiegelinge oor wie hom sal opvolg, midde toenemende tekens van swak gesondheid, is aan die orde van die dag.
Mkwananzi is Maandag borgtog geweier. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!