Onmin oor leeus in Erongostreek
Die hervestiging van stout leeus het tot 'n katgeveg gelei.
Des Erasmus - 'n Onrustige vrede het met die koms van die Kersgety in die bergbewaringsgebied wes van Omaruru ingetree waar die hervestiging van vier leeus van die roofbende van Grootberg tot 'n katgeveg onder mense gelei het.
Kom Januarie gaan die stryd voortduur, sê me. Connie Kayser, 'n leiersfiguur onder die antileeubrigade.
Die getwis het reeds tot ver buite die grense van die Erongo-bergbewaringsgebied uitgekring. 'n Brief is aan die Namibiese Landbou-unie gerig om in belang van die boere met die ministerie van die omgewing en toerisme te skakel. Op Omaruru self versprei 'n petisie waarin geëis word dat die leeus moet weg. Selfs die steun van bergfietsryers en voetslaners gaan in die antileeuveldtog gesoek word.
Private leeubewaringsinstansies deel in die twyfel of dit reg was om vyf van die leeus van die roofbende van 12 van Grootberg hier te hervestig ná die slagting van kleinvee in die noordweste.
In die geroesemoes word selfs krities gekyk na die verloop van 'n byeenkoms van oorsese trofeejagters in Amerika met omstrede fotomateriaal wat ook onder oë geneem word.
Hierteenoor gooi owerstes van die Erongo Mountain Conservancy (EMC) wal. Die leeus word as 'n bate vir die bewaringsgebied bestempel en selfs al word klein- en grootvee gevang, moet boere nie skiet nie met vergoeding wat vir verliese betaal gaan word.
HERVESTIGING
Die vyf leeus van die 12 van Grootberg, wat verdoof is en na die EMC oorgeplaas is, was net vier toe een tydens die hervestiging dood is.
Die vier aan wie amnestie in die EMC gegee is, bestaan blykbaar uit drie jong mannetjies en een wyfie. Een van die mannetjies het hom sedert die hervestiging van die ander drie geskei en eers weswaarts in die bedding van die Omarururivier afbeweeg, maar toe teruggeswaai om nou 'n nuwe tuiste in die vreemde in die Erongo-bergreeks self te soek.
Die ander drie het hulle blykbaar nou in 'n omgewing tuisgemaak wat as Etemba bekend is en waar taamlike goeie weiding in 'n kol bestaan waar dit taamlik goed gereën het. Oop water en weiding kan die wild as prooi lok.
Vrae bestaan selfs oor die oorplasing van die leeus na die EMC. Aanvanklik was daar net beweringe van so 'n hervestiging. Toe is een leeuspoor in 'n westelike rigting van die Omaruru-bedding gekry, toe is 'n perd aangeval en beseer, toe het 'n bees by Okombahe leeukos geword en toe is 'n donkie noordwes van Usakos gevang.
Uiteindelike bewys van hul teenwoordigheid was 'n oesspan wat op die drietal afgekom het waar hulle saambeweeg.
Dit was leeus sonder nekbande, normaalweg 'n gebruik met hervestiging. Nog beweringe was dat belangegroepe soos grensboere aan die bewaringsgebied nie geraadpleeg is nie en dat 'n studie van moontlike konflik tussen mense en die diere nie uitgevoer is nie.
Juis die grensboere aan die bewaringsgebied is moelik.
Mnr. Marten (sic) van Wyk het onder meer N$40 000 vir 'n stoetbul betaal wat nou in sy kudde wei. Kayser sê op die plaas Eileen is twee boerbokramme wat ten duurste uit Suid-Afrika ingevoer is.
Vir een is N$70 000 betaal.
LEEUGEVAAR
Op Eileen is ook 'n herberg vir toeriste met voetslaanroetes.
Die paadjies word ook deur bergfietsryers gebruik. Van die beesherders het snags in die veld by hul kuddes geslaap. Hulle wil nou huis toe kom as gevolg van die leeugevaar. 'n Geval is ook bekend waar 'n kwadfiets gebruik word om by die beeste te kom.
Die kwadfietsryer wil dit nie meer in leeuwêreld waag nie. Van die kommunale boere is eweneens bekommerd oor hul vee.
Volgens Kayser het sy van die probleme met die owerstes van die EMC opgeneem, maar van die antwoorde wat sy gekry het, het haar geskok.
Oor toeriste se veiligheid beweer sy 'n antwoord was as iemand van oorsee af in Afrika kom toer, moet rekening gehou word met die moontlikheid dat hy of sy deur 'n leeu gevreet gaan word.
Nog raad was dat toeriste op voetslaanroetes bewapen moet word. Sy beweer ook dat dit vir die pro-leeugesindes net om die geldwaarde van die roofdiere gaan en nie oor die moontlike skade wat grensboere kan ly nie.
Kayser het voorlopig haar pogings gestaak om met die betrokke amptenare van die ministerie te skakel. “Almal is tot ná Nuwejaar met vakansie. Maar dan gaan die stryd voortduur,” sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie