Onmin oor trustfondse
Die hoërhof se voogdefonds het nie die vermoë om alle weeskinders in Namibië se trustfondse te administreer nie, sê die pensioenfondsbedryf.
Jana-Mari Smith – ‘n Wysiging aan die wet op die administrasie van boedels stel die regering in staat om ten volle beheer van ‘n oorledene se boedel te neem as die begunstigde ‘n minderjarige is. Die regering kan voorts die fondse na goeddunke uitdeel.
Pensioen- en trustfondsinstellings is baie bekommerd oor die nuwe wet wat betalings uit erfporsies en pensioenfondse, wat vir minderjariges bedoel is, in die sorg van die meester van die hof se voogdefonds plaas.
Die beswaardes is gretig om vandeesmaand met die ministerie van justisie te vergader te midde kommer dat die wet grondwetlik bevraagteken kan word en private pensioen- en trustfondse kan vernietig.
“Die nuwe wet, soos dit nou staan, kan alle instellings uitwis, wat trustfondse administreer en wettig by die meester van die hof geregistreer is,” het mnr. Marthinuz Fabianus, besturende direkteur van Retirement Fund Solutions en ‘n raadslid van die Instituut vir Aftreefondse in Namibië (RFIN), gesê.
Fabianus het verwys na die wysigingswet op die administrasie van boedels van 2018 wat aan die einde van Desember verlede jaar in die Staatskoerant verskyn het en tot ernstige vrae en kommer gelei het.
Volgens hom moet die wysigingswet “so gou as moontlik herroep word, omdat die implikasies te verreikend is”, en om die “moontlike ineenstorting van die administrasie van betalings aan minderjariges danksy swak beplanning met ‘n gebrek aan kapasiteit” te vermy.
Hy het voorts gesê die wet is “swak oorweeg” kan regsuitdagings veroorsaak.
In Suid-Afrika het die howe bevind die voog van ‘n minderjarige het die eerste reg om te besluit hoe en waar die opbrengste van ‘n minderjarige in sy sorg en wat uitbetaal is uit ‘n pensioenfonds, belê kan word. Met die nuwe wet sal dít oorbodig raak.
“Die vryheid van keuse in ‘n vryemarkstelsel om geregistreerde trusfondse te gebruik, is nou van pensioenfondse verwyder en ook van elke Namibiër wat nie langer kan kies hoe om die trustees van hul keuse te gebruik om die erflating van hul minderjarige begunstigdes te administrateer nie.”
Hy het bygevoeg so ver hy weet, is geen konsultasies voor die implementering van die wet met die pensioenfondsbedryf of enige instellings gevoer wat hierdeur geraak word nie. Dit is buiten die kennisgewing in Januarie dat konsultasies met die bedryf vandeesmaand sal plaasvind.
Fabianus het ook die vermoë van die afdeling van die meester van die hoërhof bevraagteken om die mandaat in sy huidige kapasiteit uit te voer. Volgens hom kan die bedrae betaalbaar tot miljoene beloop en sal “ons ons in ‘n netelige posisie bevind” op 1 Maart wanneer die wet geïmplementeer word.
Die ministerie van justisie het in ‘n kennisgewing in Januarie gesê die wysiging is gebaseer op “uitdagings en tekortkominge in die bestaande wetgewing”.
Tekortkominge sluit in die feit dat die Wet op die Administrasie van Boedels van 1965 “onder meer nie voorsiening maak vir die voldoende beskerming van bedrae wat minderjariges of oorledenes se boedels toekom nie”.
Meer spesifiek sê die ministerie dit het “verskeie klagtes deur minderjariges ontvang wat nooit sulke bedrae van hul voogde ontvang het nie of dat hoë administratiewe fooie nie werklike groei van dié bedrae toelaat nie”.
Me. Elsie Beukes, meester van die hoërhof en beskermvrou van die voogdefonds, het verduidelik die doel “om alle bedrae bedoel vir minderjariges oor te neem”, is gebaseer op klagtes van hoë administratiewe fooi en die feit dat sommige voogde “dikwels dieselfde uitgawe by meer as een instelling eis wat die geld vir ‘n begunstigde hou. Gevolglik word fondse vinnig uitgeput.”
Beukes sê dié kwessies verminder die voordeel wat deur die begunstigde ontvang word “beduidend”.
Sy het bygevoeg die wysigings maak voorsiening vir ‘n beleggingsraamwerk wat die vestiging van ‘n beleggingskomitee insluit, sowel as ‘n beleid “om ‘n meer deursigtige en doeltreffende bestuur van die beleggings wat deur die meester van die hoërhof gemaak word, te verseker”.
Voorts is ‘n nuwe aanlyn geïntegreerde finansiële en bestuurstelsel ontwikkel en geïmplementeer.
Aansoeke sal elektronies geskied en die voogdefonds sal 95% papierloos bedryf word.
Beukes sê voorts die voogdefonds administrateer tans sowat N$1,4 miljard vir meer as 40 000 begunstigdes, en betalings wat N$65 miljoen beloop, is tydens die 2017-’18-boekjaar aan begunstigdes uitbetaal.
Volgens haar bestaan die geld meestal uit erfgeld en sterftevoordele van boedels of pensioenfondse en die wysigingswet vereis dat “enige ander geld vir ‘n minderjarige ook aan die voogdefonds oorbetaal moet word”.
Sy het bevestig vir nou gaan alle instellings soos voorheen voort met betalings totdat konsultasies met die verskillende instellings vir die “oorname van fondse” plaasvind, om te verseker dat daar geen onderbreking in die betalings aan begunstigdes is nie.
Die wysigings takel ook die feit dat, selfs al word die voogdefonds deur die ouditeur-generaal geoudit, dit nie voorsiening maak vir ‘n verpligte jaarlikse oudit nie.
Fabianus het op die sentralisering van betalings gefokus en gesê waar dit voorheen gedesentraliseer is, sal dit ‘n “herhaling van administrasie en ‘n ernstige vermorsing van hulpbronne” beteken.
Hy het bygevoeg pensioenfondse veral word bestuur in terme van die wet op pensioenfondse en is ook vir belastingdoeleindes by die ontvanger van inkomste geregistreer.
“Betalings uit annuïteite, wat in terme van die reëls van die fonds aan minderjariges betaalbaar is, moet streng gesproke nie in die bedrae ingesluit word wat aan die meester betaalbaar is nie. Sou dit die bedoeling wees, sal dit pensioenfondse beroof van die paternalistiese en fidusiêre verantwoordelikhede van trustees.”
Republikein se susterkoerant Namibian Sun het verskeie rolspelers in die bedryf om kommentaar genader. Die meeste het hul kommentaar tot ná afloop van die raadgewende vergaderings weerhou.
Die staatsdiens se pensioenfonds (GIPF), wat ook deur die wysiging geraak word, het bloot bevestig hy “erken die impak van die wysigings aan die wet op die administrasie van boedels, maar kan ongelukkig nie op die omvang daarvan kommentaar lewer nie”.
“Die fonds is tans in kommunikasie met die verwante owerheid om meer duidelikheid te kry,” het hy gesê.
Fabianus het bygevoeg die minister van justisie moet ná afloop van die beraadslaging “regulasies oorweeg wat ten doel het om sekere standaarde in die administrasie van trusts te bevorder wat by die meester van die hoërhof geregistreer is”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie