Onnie in hof oor Nama-uitlatings
Onnie in hof oor Nama-uitlatings

Onnie in hof oor Nama-uitlatings

Misdaad
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – ’n Onderwyser van Bethanie is Saterdag in verband met rassediskriminasie in hegtenis geneem nadat hy op sosiale media geskryf het “Namas is idiote en moet deur Corona uitgewis word”.

Die onderwyser sal vandag in die hof op dié suidedorp verskyn, het adj.komm. Chrispin Mubebo, koördineerder van misdaadondersoeke van die Namibiese polisie in die ||Kharasstreek, gister aan Republikein bevestig.

Die man sal op klagte van aanranding deur dreigement, asook die oortreding van die wet teen rassediskriminasie verskyn.

Volgens Mubebo is die onderwyser, verbonde aan ’n gekombineerde skool op Bethanie, in die Bethanie-polisieselle in aanhouding.

Hy het op sy Facebook geskryf: “Namas are idiots, no wonder the German slain them all back in 1905 ... If you're a Nama, and you are catching F**k you."

Hy het bygevoeg: “I manifest Corona should wipe out the entire Nama race in Namibia, especially in Bethanie. I wish I heard an AK47 from Kaisosi to shoot some Namas for fun.”

’n Assistent-onderwyser vir graad 2’s op Walvisbaai, me. Corien Steenkamp, is onlangs afgedank nadat sy na bewering rassistiese opmerkings op Facebook gemaak het.

Sy staar ook strafregtelike klagte in die gesig.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!