Onnie voor oor verkragting
Onnie voor oor verkragting

Onnie voor oor verkragting

Denver Kisting
Denver Kisting – ’n 38-jarige onderwyser van Swakopmund het die afgelope week in die landdroshof op die dorp op aanklag van verkragting verskyn.

Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gistermiddag die man se inhegtenisneming en hofverskyning bevestig.

Volgens hom word beweer die onderwyser het die afgelope twee jaar ’n seksuele verhouding met ’n minderjarige meisie verbonde aan dieselfde laerskool gehad.

Kanguatjivi sê borgtog is die man se eerste hofverskyning geweier.

Op ’n vraag oor of die onderwyser met ander sake verbind word, het die woordvoerder gesê die polisieondersoek duur voort. “Tot dusver het ons een saak.”

’n Ouer wie se kind ’n leerling by die skool is, het gister gesê: “Die skool wil nou niks inligting gee oor die saak nie. Ek wil nie my dogter daarheen stuur nie, maar dis dan nou eksamentyd?”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!