Onrus oor wat Steinhoff nié sê
Steinhoff se aandeelprys het Vrydag opgeflikker nadat die maatskappy laat Donderdagmiddag ’n omvattende verklaring uitgereik het. Ontleders waarsku egter daar moet steeds met groot omsigtigheid met dié aandeel gehandel word.
Dit is wat nié in die verklaring staan nie, wat onrusbarend is, sê Francois du Plessis, besturende direkteur van Vega Batebestuur. Daaronder tel dat Steinhoff nog geen aanduiding gegee het van wanneer sy finansiële resultate bekend gemaak gaan word nie.
Wayne McCurrie, ’n ontleder van Ashburton Investments, sê fondsbestuurders wil drie dinge weet en net een van die drie vrae is in die verklaring beantwoord.
•Eerstens wil hulle weet wat die omvang van die rekeningkundige onreëlmatighede of moontlike bedrog is.
•Tweedens wil hulle ’n aanduiding hê van hoe groot die gevolglike boetes en eise weens groepsgedinge kan wees.
•Derdens wil hulle weet of die onderskeie maatskappye genoeg geld het om met hul onderneming voort te gaan.
“En dit is waaroor die verklaring gegaan het. Hulle het gesê die ondernemings in Suid-Afrika kan voortgaan, en ook dié in die VSA, Brittanje en Australië.”
Maar in Europa kan hulle nie hul krediteure betaal nie. Steinhoff kan die rente op hul skuld betaal, maar beplan om krediteure te nader vir uitstel om die kapitaal af te betaal. “Hulle is seker hulle kan dit regkry, en ek is ook, maar daar is geen waarborg nie.”
Du Plessis is egter nie oortuig dat Steinhoff die banke kan oortuig nie. Hy sê ook Steinhoff sal ál die krediteure moet oortuig, want as net een instem, gaan daardie krediteur benadeel word. “En Steinhoff is nie regtig in ’n posisie om te onderhandel nie.”
Die maatskappy vergader weer op 26 Januarie met Europese krediteure.
Steinhoff sê ook in die verklaring hy gaan in Februarie ’n handelsoorsig gee vir die drie maande tot Desember verlede jaar. Fondsbestuurders vra al sedert Markus Jooste op 6 Desember as uitvoerende hoof bedank het en die aandeelprys ingesink het vir meer inligting.
Is daar nog waarde?
Momentum het in Desember aan Rapport gesê hulle glo daar is steeds onderliggende waarde in Steinhoff. Die afgelope week het hulle egter gesê hulle wag om nuwe inligting te kry voordat hulle kan sê of hulle steeds so dink.
Twee van Momentum se effektetrusts het voor Desember noemenswaardige blootstelling aan Steinhoff-aandele gehad.
Die Momentum Industrial Fund het einde Oktober 8,47% blootstelling gehad, wat 112 335 eenhede verteenwoordig het. Hulle het weens die skandaal aandele verkoop en het nou 93 405 aandele. Die FNB Momentum Growth Fund het teen einde Oktober 224 757 aandele besit; nou 165 975.
Momentum sê hoewel Steinhoff se onderliggende waarde moontlik meer is as wat in die mark gereflekteer word, het hulle besluit om te verkoop weens die onsekerheid oor die finan¬siële state vir 2016, wat weer uitgereik sal moet word.
Die Stanlib Value Fund, wat einde September blootstelling van 6,37% gehad het, het kort ná die aankondiging dat daar rekeningkundige ongerymdhede was al sy aandele verkoop.
Die Stanlib Industrial Fund het einde September blootstelling van 5,32% gehad en het ook kort ná die aankondiging alles verkoop. Stanlib sê dit is omdat daar “min ruimte” is vir beleggers om ’n betekenisvolle opbrengs op hul belegging te sien.
Coronation, wie se Coronation Industrial Fund einde September blootstelling van 7,46% gehad het en die Coronation Top 20 Fund 6,2%, sê in ’n inligtingstuk aan beleggers sonder genoeg inligting oor die aard en die skaal van wat fout is, is dit nie moontlik om te bepaal wat die waarde van die maatskappy is nie.
“Die aandeel kan net sowel meer werd wees as die huidige prys in die mark, as wat dit minder kan wees.”
Daarom gaan hulle nie nou aandele verkoop nie, maar wag totdat meer inligting beskikbaar is.
Old Mutual, wie se Old Mutual Industrial Fund blootstelling van 7,33% gehad het en sy Old Mutual Top Companies Fund 6,48%, wou die afgelope week nie kommentaar lewer nie.
Die maatskappy het op 12 Desember gesê hulle sal die situasie evalueer namate meer inligting beskikbaar raak. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie