Ons bome, riviere, reën en behuising
MARRIE WAGGIE SKRYF:
Ek bly in Rehoboth waar die laaste ry huise in Blok C naby die rivier geleë is.
Elke dag sit ek op my stoep en kyk na die natuur – die is nie my eerste rouklaag nie, oor die bome wat daar so langs die rivieroewer staan, eens bossig, maar nou amper net 'n kaal vlakte en dit val maar net op dowe ore.
Elke liewe dag kom maak mense hout tussen daardie bome. My maag sit op 'n knop. En die rivierbeddings is vol gestorte vullis.
Ek hoor die ander dag oor die radio van 'n biddag vir reën, biddag vir die boere en die droogte. Dit is goed en wel, maar mense moet mos begin dink wat veroorsaak die droogte. Is dit dan nie dieselfde bome wat so afgekap word in die natuur nie?
Ek is nou 73 jaar oud, maar ek onthou dat ek op skool geleer het die son, die bome, die riviere, dit is die bronne wat vir ons die reën moet bring, maar as ons alles so plunder sal net kaal vlaktes oorbly. Dan kan daar geen wolke gevorm word nie. Die Here het vir ons 'n mooi aarde geskep, en ons moet dit oppas, ons moet omsien daarna.
Nou het ons droogte en ons wil gaan saambid, want die Liewe Heer gee aan ons alles sonder dat ons goed of sleg, verkeerd of reg doen. Boere moet sorg dat wanneer daar volop is hulle wegsit vir die dae wat dit minder is. Bou skure en berg voedsel vir jou diere (leer ons dit dan nie ook in die Bybel nie?). Plant bome; moenie afkap nie.
Van Visie 2030 bly daar tog net 'n woestyn oor.
Rehoboth het soveel potensiaal om die pragtigste dorpie in Namibië wees. As ons net weet hoe, en as ons almal saamstaan en elkeen die verantwoordelikheid neem om te doen wat reg is. Ek praat nou spesifiek van Rehoboth.
Dan moet die regering verby kom vir droogtehulp. Hoekom? Meeste van die belastingbetalers trek geen voordeel daaruit nie, waarom moet hulle nou die prys daarvoor betaal?
Mense moet oppas en waardeer wat hulle het. En as hulle dit nie reg kan bestuur nie, moet dit in die eerste plek nie aan hulle gegee word nie. Maar deesdae word alles gegee, alles is soos droogtehulp, en niks word bestuur om te kyk of dit op die einde enige resultate lewer nie.
Word hierdie geld, of voer, of dit wat uitgedeel word aan die regte persoon gegee, en word dit aangewend soos dit moet?
Dit is alweer stemtyd. En die partye is weer vol van hul leë beloftes, want hulle soek stemme. Erwe word gratis uitgegee, maar daar word geen diens gelewer nie. Dan kom die klomp plakkerskampe in Rehoboth.
Die laaste vooruitgang in Rehoboth wat ek gesien het, was in Oom Hans Diergaardt se tyd. Alles het vermurwe na sy dood. Die Oanob-swembad, die dam, die huise wat gebou is in Blok E en Blok D. Wat is verder gedoen?
Om mense met behuising te help, moet jy begin met die wat klaar 'n erf het, en 'n klein steenhuisie opsit, wat dan saam met die erfbelasting en waterrekeninge afbetaal word.
So het Oom Hans mense aan huise laat kom.
Baie mense het vir die party gestem, vorms ingevul en nog 'n bedraggie ook betaal, maar dit was maar net aksie om geld in die party se sak te kry, want tot nou het die mense nie weer 'n stem gehoor daaroor nie.
Ek sê maar net.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie